Quantcast
Channel: LAPA Uitgewers
Viewing all 235 articles
Browse latest View live

Ontmoet eksentrieke sirkusbase, wees op die uitkyk vir sprokieskarakter-krokodille & ontdek ons oseane

$
0
0

Die leeutemmer se assistent
Solet Scheeres
Illustrasies: Marjorie van Heerden

Niks opwindends gebeur ooit op Kraaipan nie. Veral nie met Martjie wat in ’n eenvoudige huisie op die plaas Rietfontein net buite die dorp bly nie.

Toe Bertus Botha egter vir Martjie uitdaag om op die Mafikeng-trein te klim en te loer wat in een van die kratte is, begin ’n reuse-avontuur: Martjie beland pens en pootjies saam met ’n sirkusleeu op een van die trokke.

Sy leer ken die eksentrieke sirkusbase, Mister en Madame Pagel, en die ander artieste van Pagel se beroemde sirkus. Mister Pagel is die sterkste man in die wêreld en druk tydens die vertonings sy kop in ’n leeu se bek. Madame Pagel ry bank toe met ’n leeu langs haar in die motor.

Martjie-die-bywoner-se-dogter se lewe sal nooit weer dieselfde wees nie.

Hierdie opwindende verhaal is losweg geskoei op die geskiedenis van die Pagel-sirkus, wat in die vorige eeu alombekend was in Suid-Afrika.

***

Daar’s nie ’n krokodil in hierdie boek nie
Jaco Jacobs
Illustrasies: Chris Venter

Maak nie saak hoe hard jy soek nie – daar’s nie ’n krokodil in hierdie boek nie. So sê die woorde. Die prentjies vertel ’n ander storie!

Daar is wel ’n mooi prinses, ’n dapper prins, ’n boontjierank, ’n reus, ’n ouma, ’n wolf, drie bere en ’n Goeie Fee. Maar ’n krokodil? Nooit! Dis wat die ouers sal lees, maar slim kabouters sal baie pret hê om die teendeel uit te wys!

In hierdie prettige, rymende prenteboekavontuur word die leser aan ’n klomp bekende en geliefde sprokieskarakters voorgestel – maar iets is nie heeltemal pluis nie… Waarom is Aspoestertjie se voet so skubberig terwyl die prins die glasskoentjie probeer aanpas? Hoekom lyk dit asof Gouelokkies ’n lang groen stert het terwyl sy by die Drie Bere se huis insluip om aan hul pap te proe? En waarom is Rooikappie se ouma se vel so groen en vol skubbe?

Die boek is ’n móét vir enige liefhebber van lees – veral as jy nie van krokodille hou nie!

***

Hoezit 13: Die wonderwêreld van seelewe
Jaco Jacobs en Fanie Viljoen

Ontdek ons oseane met hierdie boek propvol feite en aktiwiteite!

Maak van naderby kennis met van die vreemdste visse in die oseaan, verken die wonderwêreld van dolfyne, en ontmoet ’n paar van die gevaarlikste gediertes wat in die see bly!
 
 
 
 
Boekbesonderhede


Jaco Jacobs se Both sides of zero se regte aan Oneworld verkoop

$
0
0

LAPA is baie trots om aan te kondig dat Jaco Jacobs se boek Oor ’n motorfiets, ’n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word se wêreldwye Engelse regte pas verkoop is aan Oneworld, ’n uitgewery in Brittanje.

Die Engelse titel sal heet ‘Both sides of zero’. Die vertaling is deur Kobus Geldenhuys gedoen.

Vroeër vanjaar is die fliek ‘Nul is nie niks nie’ landswyd in filmteaters uitgereik. Dit is ’n verwerking van hierdie einste boek.

Oneworld is dieselfde uitgewery wat vroeër ook die regte vir Jaco se boek ’n Goeie dag vir boomklim gekoop het.

Oneworld is ook bekend daarvoor dat twee van hulle boeke reeds die Man Booker Prize gewen het.
 
Oor ’n motorfiets, ’n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word is hier te koop.

Boekbesonderhede

 
 

’n Goeie dag vir boomklim

Waarom haak mense se koppe uit? Sielsiek ondersoek vyf gevallestudies oor ware Suid-Afrikaanse geweldsmisdadigers

$
0
0

Waarom haak mense se koppe uit?

Chris Mahlangu, wat vir Eugene Terre’Blanche vermoor het, het hom nie net doodgeslaan nie, hy het hom letterlik aan stukke gekap met ’n staalpyp. Een jong man slaan ’n verpleegster met ’n stuk hout in die veld dood en haar kêrel tot in die hospitaal se waakeenheid. ’n Ander slaan beide sy aanneemouers bewusteloos met ’n krieketkolf en dan steek hy hulle meer as 20 keer elk in die bors met ’n mes, voor hy sy pa keelaf sny. ’n Manlike prostituut slaan sy vriend soveel keer met ’n knopkierie oor sy “onsedelike voorstelle” dat dié sterf aan ’n skedelbreuk. Waarom sal ’n heteroseksuele man wat by prostitute slaap ’n seun by winkelsentrum oplaai en met hom lol?

Vyf gevallestudies oor ware Suid-Afrikaanse geweldsmisdadigers, vertel deur ervare misdaadskrywer Carla van der Spuy en kliniese sielkundige Dr Henk Swanepoel.

Die boek bevat inligting oor persoonlikheidsversteurings, elke misdadiger se agtergrond, die dag van die misdaad, die hofsaak, Dr Swanepoel se onderhoude en bevindings tydens die verhoor, tot die opvolg tronkbesoek – van aangesig tot aangesig met die persoon.

Die boek is ook, oor ’n paar weke, in Engels beskikbaar as Disturbed.

Boekbesonderhede

Mentje, kind van Pas-Opkamp –’n nuwe oorlogsroman uit die pen van Irma Joubert

$
0
0

Sy is so verskriklik eensaam. So verskriklik bang. Haar hart is verskriklik stukkend.

Mentje de Vries, ’n Nederlandse oorlogswesie, beleef die Tweede Wêreldoorlog in al sy genadeloosheid. Eers moet sy onderduik in ’n geheime kamp vol Joodse vlugtelinge, en daarna beleef sy die hel wat die tyd net voor die bevryding voorafgaan, wanneer Britse troepe gestuur word om ’n brug in Arnhem oor te neem. In hierdie bloedige slag word ’n Suid-Afrikaner, wat deel is van die Britse Leër, gewond en die jonge Mentje red sy lewe.

Maar wat word van die wesie?

Hoe oorleef ’n alleenkind gedurende die berugte Hongerwinter van 1944 en 1945?

Irma Joubert is ’n geliefde naam in historiese fiksie. Al haar vorige romans was topverkopers en met Mentje, kind van Pas-Opkamp sit sy hierdie tradisie voort. Soos gewoonlik is haar navorsing puik. Die Pas-Opkamp het werklik bestaan. Foto’s is op die internet beskikbaar.
 
 
Irma Joubert is een van ons groot uitvoerprodukte. Beide haar Tussen stasies-trilogie en haar Pontenilo-trilogie, asook die eerste twee boeke van haar oorlogstrilogie, naamlik Immer wes en Mentje, kind van Pas-Opkamp, is in Nederlands vertaal, waar dit telkens onder die topverkopers tel. Vier van haar boeke is reeds in Duits vertaal en HarperCollins in Amerika het The girl from the train (Tussen stasies) in 2015 uitgegee. Kronkelpad verower in 2014 die BCB Publieksprijs in Nederland. In die VSA is The girl from the train in 2016 ’n finalis vir die Christi-awards, ’n buitengewone eer vir ’n vertaalde werk, en is dit deur Logos Books aangewys as die “Best Book of 2015”.

Boekbesonderhede

#WritingCrime Twitter Chat with Chanette Paul & Michael Dufranne

$
0
0

Please join us tonight, 10 October, for an exciting tri-continental literary event on twitter. It will start at 19:00 (7pm) in South Africa and Belgium, in USA the time will be 1PM EST.

#WritingCrime

Chanette Paul (Sacrificed) and Michel Dufranne (editor of ‘Brussels Noir’) will answer questions about their books.

Chanette’s book spans South Africa, the DRC and Belgium, while Michel looks at the darker side of the European diplomatic capital.

Participation is free and funky. Tune into twitter, search #WritingCrime and read what everyone says. You may ask a question and contribute your thoughts. Simply use #WritingCrime in every post, then everyone in the world will see your contributions.

So, do prepare those questions to Chanette and Michel!

Book details

Die immergewilde Babalela en Betty Misheiker-reeks: ideale leesstof vir die jongspan hierdie Oktober

$
0
0

Babalela

Die Babalela-storieboek
Martie Preller
Illustreerders: Andries & Erica Maritz

Diep, diep in ’n donker bos
waar die son net soms deur die takke loer,
diep, diep in ’n donker bos
waar die varings welig diepgroen staan,
diep, diep in ’n donker bos,
in ’n hol boomstomp, net onder ’n blaar,
woon die Babalela.

Duisende Afrikaanse kleuters ken die betowerende openingsrefrein van Martie Preller se immergewilde, bekroonde Babalela-boeke. Meer as 85 000 eksemplare van die vier titels in die reeks is al verkoop.

Kom kuier saam met die Babalela en sy maats Meermoskat, Knortand, Potifant, Wrrrumpie en die lawaaierige Fripperwakkies in die bos; kom beleef hope avonture!
Vir die eerste keer verskyn al vier Babalela-boeke nou saam in een storie-omnibus. Dit sluit vier stories in:
* Babalela
* Diep, diep in ’n donker bos
* Los ons uit!
* Ons kan!

Die Betty Misheiker-reeks

Hierdie reeks bestaan uit drie oulike prenteboeke gebaseer op die lirieke van Misheiker se immergroen kinderliedjies “Die lappop”, “Die eensame krokodil” en “Die dapper muis”. Geslagte Afrikaanse kinders het grootgeword met Betty Misheiker se prettige liedjies. Nou word hulle in hierdie pragtige, volkleurformaat uitgegee.

Die dapper muis
Betty Misheiker
Illustreerder: Chris Venter

Ek’s ’n dapper muis, kyk hoe stap ek deur die huis,
en daar’s niks waarvoor ek skrik nie.
Vir niemand is ek bang, daar is niks wat my kan vang,
nee, daar’s niks waarvoor ek skrik nie.
En sê nou daar’s ’n kat …?

 
 
 
 
 
 
 
 
Die eensame krokodil
Betty Misheiker
Illustreerder: Johann Strauss

Ooo …
Ek is ’n eensame krokodil.
Mense kyk vir my en gril.
Ek soek maters hoog en laag,
maar almal sê ek vreet te graag.

 
 
 
 
 
 
 
Die lappop
Betty Misheiker
Illustreerder: Karen Ahlschläger

Iemand het ’n lappop op ’n ashoop weggegooi,
sy was gedaan en stukkend,
verbleek en nie meer mooi nie.
Op die ashoop hoor sy stemme praat
en dié verwelkom haar.
Maar o, ellende, toe sy kyk,
wat sien die lappop daar?
Net ’n vrot pampoen en ’n stukkende skoen,
’n grammofoonplaat en ’n kous sonder maat,
net ’n leë bottel bier, ’n verlepte angelier,
’n gelapte binneband en ’n ou koerant.

Boekbesonderhede

Oktober is Geestesgesondheidsmaand – Lapa bied twee boeke wat kyk na die seer, maar met skrywers wat dit met liefde en empatie doen

$
0
0

Oktober is Geestesgesondheidsmaand. Ons bied dus twee boeke wat kyk na die seer, maar ons skrywers doen dit met liefde en empatie.

Romantiese fiksie het groot geword en LAPA is trots op ons skrywers wat die rou seer van menswees kan aanspreek sonder om te wroeg. LAPA is ewe trots daarop dat die Romanza-logo op die voorblad enige leser sal gerusstel dat hierdie boek se einde hoop sal bied aan die karakters én die leser. Ons handelsmerk waarborg dit.

Lees gerus self. LAPA is baie trots op ons Romanza-handelsmerk. Ons is baie trots op die hoop wat hierdie lekkerleesboeke aan ons mark beloof. Verder is ons ewe trots daarop dat Romanza moeilike onderwerpe op ’n sensitiewe manier aanspreek – iets wat te vore net in sogenaamde hogere letterkunde gebeur het!

Skakerings van liefdeSkakerings van liefde
Madelie Human

Hoe lank straf die samelewing ’n meisie wat oor die tou trap? Baie lank, is Nadia se antwoord. Elke dag dink jy aan daardie seun wat jy weggeteken het. Om oorsee te vlug en ’n loopbaan na te jaag, help ook net ten dele.

Dan, eendag, sien sy haar kind op rolskaatse ry. Hierdie seun van haar het reeds ’n pa, al is dit sy aanneempa. Dat hy onlangs ’n wewenaar geword het, is nie regtig hoopvol nie. Wie kan hom kwalik kan neem dat hy agterdogtig, selfs vyandig, is toe hy uitvind hoe Nadia by hierdie oulike seuntjie van hom betrokke is?

Met stampe en stote leer sy die man beter ken.

Die aanneempa besef dat Nadia dalk ’n goeie ma sal maak, en die aanbod van ’n huwelik hang skielik bo haar kop. Wil die man vir háár hê, of dink hy net aan sy kind? Soek hy dalk net ’n lekker lyf, een wat reeds een maal té gou té gewillig was?

Skakerings van liefde is Madelie Human se tweede SuperRomanza in die Skakerings-reeks. Dit volg op Skakerings van hoop wat in April 2017 verskyn het en uiters gewild is.

Moed vir die liefdeMoed vir die liefde
Marilé Cloete

LAPA kondig trots aan dat ons Romanza-reeks weer eens grense breek. Romantiese helde moet mos perfek en foutloos wees, nie waar nie?

Wel, nie in Marilé Cloete se Moed vir die liefde nie.

Dawid het ’n donker kant en dis nie bloot sy mooi hare nie. Dawid ly aan depressie.

Ja, Dawid, die man met die mooiste blou oë, wat die eerste kliënt in Renate se tatoe-studio gaan wees, sit met ’n wesenlike probleem.

Oktober is Geestesgesondheidsmaand. Die doel is bewusmaking en die skep van hoop. Dawid is ’n held, maar hy is ook ’n mens, soos so baie ander in die samelewing. Hy is nie perfek nie.

Hoe hanteer Renate hierdie inligting?

Beter nog, hoe hanteer die skrywer so ’n swaar onderwerp sonder om te verval in ’n gekners van tande? Want, as daar ’n Romanza-logo op die voorblad is, beteken dit die leser wéét daar is hoop.

Onthou: Depressielyers kan ook romantiese helde wees.

Boekbesonderhede

My ensiklopedie van baie belangrike dinge: die perfekte naslaanboek vir jong feitevrate

$
0
0

My ensiklopedie van baie belangrike dingeHier het ons ’n fantastiese eerste ensiklopedie, propvol feite, perfek vir jong slimkoppe wat nie kan wag om alles oor die wêreld te ontdek nie. My ensiklopedie van baie belangrike dinge verken temas soos diere, mense, planete, en baie belangrik, jouself!

Kinders kan uitvind wat ’n woestyn is, hoeveel kontinente daar is, leer om “hallo” en “totsiens” in verskillende tale te sê, en nog hope meer. Maak kennis met vegetariese dinosourusse, oulike troeteldiere, en reusagtige blouwalvisse; verken die verlede saam met grotbewoners, Vikings en Farao’s; kyk hoe ’n plant uit ’n saadjie groei; en ontdek waaruit ’n wolk bestaan.

My ensiklopedie van baie belangrike dinge is ’n asemrowende kombinasie van eenvoudige, treffende illustrasies, indrukwekkende foto’s en lewendige teks – ’n baie belangrike boek vir baie belangrike mense, en die perfekte eerste naslaanboek vir jong feitevrate.
 
 
 
Boekbesonderhede


Our sunshine noir author for November is … Martin Steyn

$
0
0

A new month calls for a new local thriller author sending shivers down reader’s across the continent’s spine…

Michael Sears, co-author of the perennially popular Detective Kubu-series recently conducted an interview with author Martin Steyn for The Big Thrill.

Here’s what the two sunshine noir aficionados chatted about…

Martin Steyn got into writing because of Stephen King’s The Dark Half, and then into writing crime fiction because he was fascinated by what motivated serial killers to hunt strangers for pleasure and how they did it. He began by reading books on the subject, while scanning the local paper for reports on a serial killer dumping the bodies of young boys in the dunes not far from where he lived.

Martin studied psychology and criminology at the University of South Africa. After that he studied serial killers and profiling in earnest, following it up with research into the investigation of violent crime in South Africa.

In 2014 Martin’s first crime novel set in Cape Town, Donker Spoor, was published in Afrikaans and the following year it was awarded an important prize for South African suspense fiction. Earlier this year the English version, Dark Traces, came out in South Africa, and it has just been released in the US.

Martin places a premium on realism, and it shows in the book. But his character study of his protagonist, Jan Magson, and the people caught up in the killer’s wake are riveting.

Authors are often asked where they get their ideas. You mentioned that the idea for the murderer in Dark Traces came from reading true crime. Would you tell us a bit more about that, and how you base your work on real cases?

I prefer reading true crime to crime fiction, although when it comes to writing, it’s the other way around – this might be a Gemini thing. So I read a lot of true crime, particularly about serial killers and profiling, and I came across an article about a serial killer who really piqued my interest. I don’t want to name him, since it could be a spoiler, but I got the book written about the case and the more I read about it, the more I just thought I had to use this for a story. So I took his personality and psychology as a base, built it up with research into sexual sadism, added some quirks like the hangings, and that became my killer. In terms of the story, there are a few elements from the actual case, but I used it mostly for character creation.

Probably due to my love of true crime, I’m very much into realistic crime fiction. When I started writing crime, I wanted to write about killers like the ones I read about, like Ted Bundy, Jeffrey Dahmer, Andrei Chikatilo, and Moses Sithole and the Station Strangler here in South Africa, rather than the fictional versions who often bear very little resemblance to reality. Hannibal Lecter is a wonderful character, but Jame Gumb (Buffalo Bill) is much closer to the real thing. I’m interested in the latter, so that is where I look for inspiration when it comes to building a character. Sometimes it’s an actual killer, as in Dark Traces, sometimes it’s created from the characteristics of a certain type of killer based on research. I’m quite fond of the work of the ex-FBI profilers like John Douglas, Robert Ressler, and Roy Hazelwood, and rely on that a lot.

I do look to real cases for inspiration. My third novel (I write in Afrikaans first) deals with a kind of crime – a woman held captive indefinitely – rather than a specific case. And the one I’m working on now was inspired by an actual case in Cape Town, although the story, characters, and motivation are very different. So it’s not so much “base on” as exploit as a starting point or a character or a kind of crime. But after that I want the story and characters to have the freedom to develop in whichever way they go. I don’t want to be bound by the events of the actual case.

The serial killer is obviously central to the books. How far do you think a writer is able to understand the mind of a psychopath? How hard should we try?

I don’t know if you can ever completely understand that utter lack of empathy. But if you want to write about psychopaths in a convincing manner, then you have to put in the effort. Research is key, both books like Without Conscience by Robert Hare, who has spent almost his entire adult life studying psychopaths, and biographies about men like Ted Bundy. Scanning the entry in Wikipedia isn’t really going to get you there. You have to immerse yourself, because there is a huge difference between knowing the characteristics of psychopaths and understanding how they act and react (or often fail to react).

Continue reading here.

PS – Read J.H. Bográn’s recent feature interview with Michael Stanley here.

Dark Traces

Book details

Lees vandeesmaand dié twee aktuele romans wat tot vandag se werklikhede spreek

$
0
0

Drie vroue en ’n meisie
Hans du Plessis

“Ek het vir prof ’n storie om te skryf.” Só begin Drie vroue en ’n meisie toe die mooie Katryn een middag ná klas ongenooid voor die skryfkunsprofessor se lessenaar kom staan.

Wat volg is soms lig en sexy, maar dié roman belig te gelyke tyd die afgryslike armoede van wit en swart Suid-Afrikaners, asook die klasbeheptheid van die vroeë Afrikanerelite.

Hans du Plessis het die vermoë om die leser te tart met heerlik speelse inligting, net om jou daarna weer bloot te stel aan die ellende van hulle wat nie het nie.

Ons leef nou, in die een-en-twintigste eeu, weer in ’n fase waar die politieke elite hulle vergryp aan die duurste en die beste terwyl die armes gewoon van honger sterf. Du Plessis hou ’n spieël na die verlede op en wys hoe eenders dit was toe die vorige heersersklas net vir hulself gesorg het en niks vir ander omgegee het nie.

Die einde bring hoop en daar is beeldskone verhale ook in die boek, maar uiteindelik is Drie vroue en ’n meisie ’n roman wat ’n diep seer blootlê en geen pleisters vir die wonde bied nie. Armoede se pyn en die elite se argwaan is skynbaar universeel.

Die ingrepe van die kerk en die staat se maatskaplike werkers bring uiteindelik verligting.

Drie vroue en ’n meisie vertel die saga en lotgevalle van drie generasies vroue wat by Katryn se grootjie in die miserabelheid van die delwerye van Miersehoop, wat byna reeds uitgewerk is, begin. Almal wat kom soek het na ’n diamant so groot soos ’n skaapkop, weet teen hierdie tyd die droom is aan ’t sterwe; maar die hoop bly, die hoop bly. Nypende armoede en hoogmoed, onnoselheid en opregtheid vermeng op die harde Noordwes-Hoëveld en verdring só alles wat goed kon wees.

Hieruit groei die verhaal van ’n weeskind wat nie kos of menswaardigheid gegun word nie, laat staan keuses. Daaruit ontvou nog ’n verhaal en daaruit nog een.

Die roman toon sterk ooreenkomste met JM Coetzee se Disgrace, hoewel die storie gans anders is; daar is ook iets van Herman Charles Bosman te bespeur.

Die Blondine? Hans sê hy wens ook die storie van mooie Katryn en die ou prof is dalk die reine waarheid. Hoekom dan nie? Hy is mos ’n prof wat fiksie opmaak.

Brand
Peet Venter

Hoë politici sweer saam om Suid-Afrika in ’n diktatorskap te dompel. Die armes het genoeg gehad en kom in opstand. Die land brand.

Sagte kolonisasie, noem party mens dit. Staatskaping noem die media dit.

Mense vir wie Thys Krige omgee, kry seer. Kort daarna word hy deur internasionale agentskappe genader om te help, want ons korrupte president speel in die hand van buitelandse moondhede met imperialistiese ambisies. Die tentakels daarvan is al so diep in die struktuur van mense in sleutelposte, dat niemand meer seker is wie betrokke is en wie vertrou kan word nie.

Die diknekke word ryker. Die armes krepeer.

Die prez weet sy einde is naby. Hy soek ’n rede om ’n noodtoestand af te kondig.

Thys se speurwerk kom of ’n afgryslike ontdekking af… Hy vermoed traangas word gedokter met dwelms om mense heeltemal berserk te maak. Is mieliepap, die stapel van die armes, volgende?

Brand is ʼn donker, skokkende verhaal, veral op emosionele vlak. Venter het min genade vir sy leser. Dié boek bied oplossings, maar nie spookasemeindes nie.

Brand is die vyfde boek in die Thys Krige-reeks. Dieper as die bloed, Ou bloed, Waar boosheid broei en Plasenta was die eerste vier.

Boekbesonderhede

Martin Steyn’s Dark Traces awarded with a Kirkus Star Review

$
0
0

LAPA Publishers (South Africa) and Catalyst Press (USA) are thrilled to announce that Martin Steyn’s English-fiction debut, Dark Traces, has been awarded a Kirkus Star Review.

The Kirkus Star is one of the most prestigious recognitions in the book industry, and certainly the dream of any author and publisher with dealings in the USA.

Kirkus is known for its blunt, honest reviews since 1933 and the Kirkus Prize is one of the richest literary awards in the world, with a prize of $50,000 bestowed annually to authors of fiction, nonfiction and young readers’ literature. Books that have earned the Kirkus Star are automatically nominated for the Kirkus Prize. Steyn’s book will qualify for the 2018 prize. The prize is awarded by a panel composed of respected writers and highly regarded booksellers, librarians and Kirkus critics throughout the USA.

The reviewer makes special mention of Steyn’s use of Afrikaans words like klagtebakkie and oom, with a glossary explaining these terms to a US audience.

Book details

50 Hoendergeregte bevat vyftig veelsydige hoenderresepte wat aan gesinne maaltydinspirasie bied

$
0
0

Jy loop ná ’n harde dag by die huis in, daar is die reuk van hoender wat prut…

Ja, met hierdie resepte is dit moontlik, want selfs die niekokers in jou huis sal dit regkry. Of, as jy self moet kook, dan soek jy juis hierdie resepte met bestanddele wat reeds in jou koskas is of maklik by jou plaaslike supermark bekombaar is.

50 Hoendergeregte bevat vyftig veelsydige hoenderresepte wat aan gesinne maaltydinspirasie gedurende moeilike ekonomiese omstandighede bied.

Oondgerooster, oor die kole, as deel van bredies, sop of pasteie – hoender is maklik om voor te berei en ’n ekonomiese keuse vir elke gesin. Die resepte bestaan uit treffers soos:

  • Blatjanghoender
  • Oros-hoender
  • Hoenderbobotie
  • Romerige hoender-stroganoff
  • Pikante hoender-en-lensiesop
  • Pynappelhoender
  • Hoender-en-brokkoli
  • Hoendersamoesas
  • ’n Appelkoos-en-hoenderpotjie.

Boekbesonderhede

Disturbed delves into the psyche of South Africa’s most cold-blooded criminals

$
0
0

Why do people lose their minds?

Chris Mahlangu, who murdered Eugene Terre’Blanche, did not just bludgeon him to death, it was reported that Terre’Blanche’s body had been hacked and beaten 28 times with a steel pipe, a piece of broken steel from burglar bars. And this while he was lying on his back sleeping. It was a bloodbath.

One young man clubbed a nurse to death with a piece of wood and her boyfriend into ICU. Another bashed both his adoptive parents unconscious with a cricket bat before stabbing each in the torso more than 20 times and then slitting his father’s throat.

A male prostitute struck his friend so many times with a knobkierie after his “indecent suggestions” that he died of a skull fracture. Why would a heterosexual man who often sleeps with prostitutes pick up a boy at a shopping centre and molest him

Five case studies about real-life SA violent criminals as told by seasoned crime writer Carla van der Spuy and clinical psychologist Dr Henk Swanepoel.

The book contains information about personality disorders, each criminal’s background, the day of the crime, the court case, Dr Swanepoel’s interviews and findings, as well as the follow-up prison visit – face to face with the convict.

Die Afrikaanse weergawe het vorige maand verskyn.

Book details

  • Disturbed: The psyche of South Africa’s most cold-blooded criminals by Henk Swanepoel, Carla van der Spuy
    EAN: 9780799382945
    Find this book with BOOK Finder!

Vyf woelige kinderboektitels vir die Kersseisoen

$
0
0

Hoendervleis: Grillerige stories en rympies
Jaco Jacobs

Illustreerder: Juanette Smuts
R130.00

Kom slaap ’n nag lank in die spookkamer.

Vind uit wat gebeur as jy ’n poets op ’n onnie soos juffrou Grimbeek bak.

Waag dit om ’n paar baie spesiale handskoene aan te trek.

Ontdek die nuwe rugbyheld se grillerige geheim.

Vind uit waarom jou kleinboetie nog elke aand met sy bedlampie aan slaap.

En kom swem in die Middernagmeer… as jy dapper genoeg is.

Hierdie boek vol grillerige stories en rympies sal jou heerlik hoendervleis laat kry! Daar is ’n weerwolf wat saam op die skoolkamp gaan, ’n paar spokerige handskoene wat goed is met klavier speel, ’n baie vreemde onderwyseres – en iets wat jou die hardste van almal in die fliek sal laat gil!

Jong grilvrate sal versot wees op hierdie versameling stories en rympies uit die pen van Jaco Jacobs.

Volmaan
Jaco Jacobs

Illustreerders: Nico Meyer, Kobus Faber, Alistair Ackermann & Stephen Wallace
R150.00

Veertien jaar gelede het Jaco Jacobs se eerste boek, Troetelgedrog, verskyn. Nou word dit weer uitgegee in hierdie wonderlike omnibus saam met vier van sy ander boeke wat nie meer in omloop was nie: Tande, Nag van die monsters; Nagvlerke en Voelers.

Ontmoet ’n onderwyseres wat op volmaannagte in ’n weerwolf verander. Ontdek ’n speelding wat allerhande vreemde dinge begin aanvang. Vind uit van ’n eksperiment wat jou in ’n insek laat verander. Besoek ’n vakansieplaas waar reuse-vlermuise snags buite rondvlieg en gaan beleef ’n grillerige monsterfliek waaruit jy nie maklik ontsnap nie!

Kry jou flits uit, kruip onder die komberse in en maak gereed om lekker te ril en te gril met hierdie GROOT en GRILLERIGE versameling stories

La di da, Lulu
Fanie Viljoen

Illustreerder: Elsbeth Eksteen
R120.00

Lulu droom daarvan om eendag ’n modeontwerper te word. Niks is vir haar lekkerder as om pragtige ontwerpe in haar rooi tekenboek te skets nie.

Die skool beplan ’n spesiale verjaardagfees. ’n Groot fees met lekker kos, ’n pretpark en speletjies. Daarom vra die skoolhoof vir Lulu om nuwe uniforms vir die trompoppies te ontwerp. Iets asemrowends! Iets la-di-da waarmee hulle by die fees gaan optree.

Maar ongelukkig is daar ’n vreeslike misverstand – en Lulu verbrou haar enigste kans om die uniforms te ontwerp.

Lulu is stomgeslaan. Een van die ander kinders in die skool gaan die klere ontwerp en maak. Maar wie?

Lana en Rakker 7: Rakker word ’n ster
Holly Webb

Illustreerder: Kate Pankhurst
R100.00

Lana se maatjie, Lisa, is gekies om in ’n TV-advertensie te verskyn.

Die enigste probleem is, dit is ’n advertensie vir hondekos – en Lisa is bang vir honde. Daarom besluit Lana om met haar hondjie, Rakker, saam te span om seker te maak Lisa skud vir eens en vir altyd haar vrees vir honde af. Maar dan kry die TV-mense onverwags ’n plaasvervanger-hond nodig – en Rakker kry uit die bloute die kans om ’n ster te word!

Jong troeteldierliefhebbers sal versot wees op Lana en haar ondeunde hondjie, Rakker, se skreeusnaakse avonture!

Lana en Rakker 8: Rakker en die troue
Holly Webb

Illustreerder: Kate Pankhurst
R100.00

Lana en haar sussie gaan blommemeisies op tannie Emma se troue wees.

Maar Rakker is baie nuuskierig oor al die gewerskaf vir die troue – en hy wil ook deel van die planne wees. Lana wil graag hê Rakker moet troue toe kom, maar die res van haar gesin dink nie dit is ’n goeie plan nie. Kan Rakker hom lank genoeg soet gedra om ook na die troue genooi te word?

Jong troeteldierliefhebbers sal versot wees op Lana en haar ondeunde hondjie, Rakker, se skreeusnaakse avonture!

Boekbesonderhede

’n Liefde vir lees is een van die grootste geskenke wat jy vir jou kind kan gee! Die Ek lees self-reeks is die perfekte wegspringplek…

$
0
0

Ek lees self-reeks

’n Liefde vir lees is een van die grootste geskenke wat jy vir jou kind kan gee!

Hierdie reeks is die perfekte wegspringplek vir beginnerlesers. Vind uit wat gebeur as Rooi Hen op ’n dag besluit om brood te bak, stap saam met die drie Rammetjies Rof oor die nare ou trol se brug, en ontmoet ’n padda wat op ’n dag baie, baie kwaad geword het…

Die Ek lees self-reeks bestaan uit pragtig geïllustreerde boeke, elkeen met ’n prettige dierestorie wat in eenvoudige taal oorvertel word sodat beginnerlesers dit maklik kan baasraak.

Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te wakker.

Ek lees self: Rooi hen bak brood
Wendy Maartens
Illustreerder: Zinelda McDonald

Ek lees self: Die drie rammetjies rof
Wendy Maartens
Illustreerder: Zinelda McDonald

Ek lees self: Padda word kwaad
Wendy Maartens
Illustreerder: Zinelda McDonald

Ek lees self: Muis red leeu se lewe
Wendy Maartens
Illustreerder: Zinelda McDonald

Ek lees self: Die gans wat goue eiers kon lê
Wendy Maartens
Illustreerder: Zinelda McDonald

Ek lees self: Sprinkaan leer werk
Wendy Maartens
Illustreerder: Zinelda McDonald

Boekbesonderhede

Ek lees self

 
 
 

Ek lees self

 
 
 
Ek lees self

 
 
 

Ek lees self

 
 
 

Ek lees self

 
 
 

Ek lees self


Vyf wonderlike Romanza’s om vandeesmaand te geniet

$
0
0

Bewustelik jouneBewustelik joune
Elsa Winckler

Bruce Fordyce, die beroemde Comrades-atleet, het jare gelede al gewaarsku dat langafstandhardopers nie goeie troumateriaal maak nie…

Kris se lewe is weer op koers. Dit was vyf jaar van harde bene kou ná die aanval. Die letsel op haar gesig is steeds daar, die nagmerries ook. Haar verbreekte verlowing? Dit is iets van die verlede. Haar aanvallers is agter tralies.

Dit was ’n lang, lang pad waartydens sy baie van haarself geleer het. Om hierdie rede breek sy soms weg uit haar haar fisioterapiepraktyk om ander te help om bewustelik te lewe, mindfulness word dit in Engels genoem.

Tydens een van die kursusse kruis haar en Luca se paaie. Hy is ’n ultra-atleet wat nog verder hardloop as Bruce Fordyce. In sy wêreld daar nie plek is vir enigiets anders as hardloop nie, laat staan ’n vrou, veral nie een met issues nie. Daarvan het hy genoeg gehad.

Hoe gemaak as jy skielik ’n huis deel met iemand wat bewustelik dáár is? Wat doen jy as jy haar nagmerries nie kan ignoreer nie?

Luca moet fokus vir sy volgende wedren in Amerika om sy borge tevrede te hou. Hy moet wen, anders het hy verloor, dis sy leuse.

Liefde vir ’n ridder
Didi Potgieter

Annabel en haar klein Ami moet vir drie maande in New York saam met Jack Parker in sy suite bly. Hy sal dit oorleef. Hy is tog immers nie die troutipe nie. Maar hoekom voel sy hart deesdae so snaaks?
 
 

Bêre my soenBêre my soen
Dina Botha

Jaybee en Maxwell moet met mekaar trou want die eenwording van hul twee familiename sal ’n ongeëwenaarde sakeryk skep. Ai, maar sy is verlief op ’n ander man, Will, wat sy pas ontmoet het… Hoe gaan haar hart dit oorleef?
 
 

Maskerdans
Maskerdans

Frenette van Wyk

Loiselle is by Angelique Parfumeurs om die geur van Afrodite – die godin van liefde – in ’n bottel parfuum vas te vang. Nie om haar hart te verloor nie! Nie op haar baas Francois Valour of die geheimsinnige Kenzo wat sy by die maskerdans ontmoet nie.
 
 

Vonkelwyn en liefdeVonkelwyn en liefde
Madelein Stoltz

Anouk se hardkoppige ouma veil haar in ’n e-pos aan haar gunstelingskrywer, Dexter Buys, op. Gelukkig sal sy nooit die man ontmoet nie. Maar Dexter is haar vriendin se nuwe swaer. Waarom voel Anouk afgehaal omdat hy haar nie herken nie?
 
 

Boekbesonderhede

Vroue van Atlantis vertel die verhale van twaalf ongelooflike vroue wat ’n verskil maak tussen die bendes, die werkloosheid en die koeëls in Atlantis

$
0
0

Vroue van Atlantis

Inspirasie is die wagwoord

Twaalf ongelooflike vroue wat ’n verskil maak tussen die bendes, die werkloosheid en die koeëls. Atlantis is steeds die verlore stad, maar hierdie twaalf vroue se verhale inspireer. Hulle het besluit om nie moed op te gee nie. Hulle stories is dié van moed, optimisme en inspirasie. Dit is ’n moetlees vir alwat wat glo dat liefde en geloof ’n verskil kan maak.

Atlantis aan die Weskus was die breinkind van ’n vorige regering se “desentralisasiebeleid” – maar is tans die toonvenster van ontheemding. Uit hierdie wanhoop, staan dié twaalf vroue se stories soos fakkels in ’n lang, donker nag. Die twaalf vroue is: Francis Brown, Mary-Ann Cedras, Chrissie Cloete, Mandy Jonker, Christine Lewis, Sylvia Losper, Lenie Maya, Carol Muller, Sillene Oppel, Olivia Pharo, Mary Tenggren en Rachael Watson.

Die verhale strek van gemeenskapsdiens aan gestremede persone, bejaardes en kankerlyers, die rehabilitasie van dwelmafhanklikes, MIV/Vigs-voorkoming en -destigmatisering, tot inspirerende vroue wat staan in die onderwys, verpleegdienste, uitsaaiwese, ’n sangeres, ’n atleet en ’n tuinier.

Die opbrengs van dié boek sal deur die Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Wes-Kaapland (UWK) aangewend word as studentebeurse.

Die samestellers en bydraers

Anastasia de Vries is ’n skrywer en dosent aan die Universiteit Wes-Kaapland en Eldridge Jason is ‘n verslaggewer en die skrywer van die bekroonde Gerook (2014). Hulle was aan die stuur van die bydraes tot hierdie bundel wat bestaan uit onderhoude met uitstaande vroue van Atlantis. Die bydraes is geskryf deur De Vries, Jason, Marni Bonthuys, Christa Prinsloo, Chandre Caryn Cloete, Ebenesia Pieters, Geraldine Fortuin en Jolyn Phillips.

Boekbesonderhede

Gratis kinderboek teen geweld in vier Suid-Afrikaanse tale!

$
0
0

LAPA Uitgewers en die bekroonde skrywer Wendy Maartens het pas aangekondig dat die prenteboek Drie hoera’s vir Denver gratis, en in vier Suid-Afrikaanse tale, in PDF-formaat beskikbaar gestel word as deel van die veldtog 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders.

Hierdie pragtige, volkleur boek is dus van vandag af gratis beskikbaar in Afrikaans, Engels, Xhosa en Zoeloe. Klik hier – of maak gebruik van die QR-kode wat gedruk en gefotostateer kan word.

Die belangrike internasionale veldtog, 16 dae van aktivisme, word elke jaar van 25 November tot 10 Desember gehou om bewusmaking te kweek vir die lot van vroue en kinders wat slagoffers van geweld is.

Drie hoera’s vir Denver vertel die aangrypende verhaal van ’n seuntjie genaamd Denver wat baie mooi kan sing, maar begin hakkel nadat sy ma se kêrel by hulle kom bly. Die storie wys op ’n deernisvolle manier hoe dinge uiteindelik beter word nadat Denver die moed bymekaarskraap om sy ma en sy sangjuffrou te vertel dat dinge nie reg is by die huis nie.

Drie hoera’s vir Denver het in 2009 die eerste keer by LAPA Uitgewers verskyn, met illustrasies deur Alida Bothma. Dit is ook in Engels, Xhosa en Zoeloe vertaal. Benewens ’n storie, bevat die boek ook belangrike wenke wat ouers en versorgers kan volg om kinders te bemagtig sodat hulle nie sal stilbly oor mishandeling nie.

Boekbesonderhede

’n Fantastiese bloemlesing wat kyk na die lief en leed van ouer tieners – ideaal vir die Kerskous!

$
0
0

Die perfekte brander en ander verhaleStories oor die pyn en vreugdes van verlief wees. Stories oor die waagmoed, twyfel en uitdagings van jonk wees. Stories wat jou sal laat glimlag of ’n traan laat wegvee. Stories wat wéét hoe dit voel om sestien te wees.

Bekende skrywers en nuwe stemme skuur skouers in hierdie fantastiese bloemlesing wat kyk na die lief en leed van ouer tieners.

Elizabeth Wasserman, Christien Neser, Nelia Engelbrecht, Leon de Villiers, Anzil Kulsen, Fawa Conradie, Nellie Alberts, Carina Diedericks-Hugo, Maria Vos, Solette Swanepoel, HemelBesem, Marlene Smit, Christine Barkhuizen le Roux, Jaco Fouché, Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, Nathan Trantraal, Santie Nel, Dewald Koen, Tanya van Buuren Botma, Jan van Tonder, Eldridge Jason, Kobus Brown, Christo Davids, Madri Victor, Lynné Schoeman en Izak de Vries.

Jip, ’n bloemlesing met 27 splinternuwe verhale oor die vreugde, pyn en avontuur van jonk wees.

Ideaal vir die Kerskous!
 
 
Marieta Nel en Adinda Vermaak het as samestellers reeds twee topverkoper-kortverhaalbundels die lig laat sien: Sweef (2009) het al meer as 40 000 kopieë verkoop en Skreeu (2010) se vier oplae het al meer as 17 000 kopieë verkoop.

Boekbesonderhede

Marida Fitzpatrick sluit aan by LAPA Uitgewers

$
0
0

Marida Fitzpatrick, ’n bekende joernalis en skrywer, sluit vanaf 1 Februarie 2018 aan by LAPA Uitgewers as ’n senior uitgewer.

Haar fokus sal wees op die uitbou van LAPA se niefiksie-afdeling.

Sylvia de Wet, LAPA se bedryfshoof, sê hieroor: “Marida se deel word van die LAPA span skep ruimte vir nuwe energie en ’n ander dinamika wat ons baie opgewonde maak.”

Marida het in Secunda grootgeword. Sy het ’n honneursgraad in joernalistiek van die Universiteit van Johannesburg en werk al meer as vyftien jaar as joernalis, eers as verslaggewer vir Huisgenoot en Beeld en daarna as diepteverslaggewer by Beeld.

Marida is bekend daarvoor dat sy humor en patos deeglik kan meng in haar rubrieke en onderhoude.

Sy is ook ’n outeur in eie reg. Naas ’n boek oor Oscar Pistorius se hofsaak, het daar ook al twee romanses en ’n heerlike chicklit uit haar pen verskyn. Haar fiksie leen dikwels uit die werklikhede van die joernalis.

Viewing all 235 articles
Browse latest View live