Quantcast
Channel: LAPA Uitgewers
Viewing all 235 articles
Browse latest View live

Vier romanza titels vir die winter

$
0
0

Liefde vir ’n vlinder
Didi Potgieter

Emma Parker vlug van haar weelderige lewe in New York om as huishoudster vir Pieter Joubert op sy Bosveldplaas te werk. Hy het in die verlede ’n groot bloutjie met ’n rykmansdogter geloop en gaan Emma ten alle koste vermy …
 
 
 
Romanse in rock
Marilé Cloete

Beth kan haar “Groot Liefde” – Bruce Springsteen – se konsert in Noorweë bywoon. Sy moet net eers die vlug soontoe met die aantreklike Etienne Benade aan haar sy oorleef. En nie op hom verlief raak nie, want hy het ’n meisie.
 
 
 
Liefde in die KarooLiefde in die Karoo
Rika du Plessis

Karin verloor haar loopbaan, balletskool en kêrel na ’n ongeluk. Vir ’n nuwe begin trek sy na die Karoo en ontmoet Jaco – die man wat sy verantwoordelik hou vir die ongeluk. Omstandighede gooi hulle keer op keer saam en stadig vind hulle harte mekaar.
 
 
 
Die plaasvervanger
Die plaasvervanger
Magda Schmidt

Linda se suster vra haar om ’n kind by haar man te kry om haar huwelik te red. ’n Verbode liefde vir haar swaer ontwaak in haar hart, terwyl haar eie held geen passie in haar wakker maak nie.

 
 

Boekbesonderhede


“Hendrik weet hy het nie die seun geskiet nie, maar hoe bewys hy dit?” Heiliger is ’n aangrypende regsdrama deur Dibi Breytenbach

$
0
0

Hendrik skiet uiteindelik ’n sluwe rondloperhond. Die eerste koeël mis rakelings, maar die tweede is sekuur. Nou is die oud-soldaat in ’n goeie bui. Dit is byna Kersfees en dinge tussen hom en Amalia wil-wil lyk of dit kan uitwerk.

Toe gebeur dit: Die plaaslike speurder, Buthelezi, daag op en slaan Hendrik in boeie. Die klag? Sy buurman se seun is dood en daardie opslagkoeël word verdink.

Dadelik word hierdie insident ’n rasse-voorval, want die seun is swart. Die gemeenskap is woedend en die onbevoegde blanke speurder wil wys dat hy nie ’n wit man sal laat wegkom met moord nie.

Hendrik weet hy het die seun nie geskiet nie, maar hoe bewys hy dit?

Die teks is briljant, want so gereeld gebeur dit dat stinkryk mense wegstap van ’n moordsaak op grond van tegniese punte. Die publiek voel dan verraai. Nou gooi Breytenbach die leser in die diepkant in, want ons het simpatie met Hendrik, maar die redes waarom die reg nou skynbaar onreg pleeg teenoor hom, is presies dieselfde wat ons as gewone sterflinge vra wanneer tegniese detail in hofsake ter sprake kom.

Saam met Hendrik beleef ons magteloosheid in die stinkende tronk- en hofselle terwyl die regslui en die polisie kibbel.

Breytenbach is ’n regsgeleerde en met hierdie boek sleep sy die leser saam met haar. Dit is ’n naelbyter, want natuurlik wil almal weet hoe die seun gesterf het. Gaan Hendrik oud word in die tronk?

Stukkie vir stukkie word die gebeure aanmekaar gelas en die reg se tentakels word beleef soos nog nooit te vore in Afrikaans nie.

Dibi Breytenbach se eerste twee boeke was goed. Hierdie een plaas haar onder die voorste krimiskrywers in ons land. Heiliger sal ewe goed verstaan word in plekke soos die VSA waar die onreg van die regsproses dikwels afhang van ’n mens se geld, aldan nie.

Boekbesonderhede

Twee nuwe titels in Lize Roux se gewilde Stalmaats-reeks

$
0
0

Stalmaats 19: Pretrit
Lize Roux

Die skoolvakansie is om die draai.

Anri is baie opgewonde toe sy hoor haar beste vriendin van haar vorige ryskool kom kuier. Nadine is ook lief vir perdry – en Anri kan nie wag om haar aan Megan en Karen voor te stel nie.

Hulle gaan die vakansie hope pret by die ryskool hê, met ekstra rylesse en ’n spesiale Paaseier-soektog vir die Peace Shelter se kinders!

Maar dit lyk of Nadine ander planne het, en Anri se vriende by die ryskool is nie so beïndruk daarmee nie …

Dit is boek nommer 19 in hierdie baie gewilde perdereeks, wat handel oor Anri en haar maats se avonture by die Dagbreek-ryskool.


Stalmaats 20: Perdediewe
Lize Roux

Anri kan nie wag nie vir die langnaweek wat voorlê nie! Sy en haar gesin gaan lekker in die Kaap kuier. Hulle gaan met die kabelkar tot op Tafelberg ry, die akwarium besoek en hope pret hê.

Boonop stem haar ouers in dat Jacques mag saamkom. Dit beteken hy kan self gaan kyk hoe dit met sy perd, Thunder, en haar vulletjie, Storm, gaan.

Maar dan loop die ryskool waar die twee perde bly, onverwags onder gewetenlose skurke deur – en kort voor lank is Anri-hulle in groot gevaar.

Dit is boek nommer 20 in hierdie baie gewilde perdereeks, wat handel oor Anri en haar maats se avonture by die Dagbreek-ryskool.

Boekbesonderhede

Kook saam Kaaps haal kortlys vir Nielsen Booksellers Choice Award 2017

$
0
0

LAPA en die ATKV, in samewerking met RSG, is trots op die blitsverkoper Kook saam Kaaps deur tannie Koelsoem Kamalie en tannie Flori Schrikker. Die boek het pas die kortlys gehaal van die Nielsen Booksellers Choice Award vir 2017.

In 2016 wen Kook saam Kaaps ’n WoordTROfee as die beste verkoper in die lewenstylkategorie tydens die US Woordfees.

Later in 2016 kondig die jurie van die Gourmand World Cookbook Awards aan dat Kook saam Kaaps, deur Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker, die Nasionale Wenner is in die kategorie Beste Plaaslike Cuisine. Edouard Cointreau, die president van die jurie en die stigter van die Gourmand World Cookbook Awards, sê in sy commendatio: “This is a book with magic, bringing back local recipes which are family secrets from grannies in the Cape Town area.”

Hulle TV-reeks, Flori en Koelsoem se kosse wat op Via uitgesaai word, is in 2017 bekroon met ’n AKTV-Mediaveertjie. Die tweede reeks begin binnekort.

 
Boekbesonderhede

Twee nuwe titels in Jaco Jacobs se Z is vir Zackie-reeks tref die rakke

$
0
0

Z is vir Zackie 7: Die Woeste Toertjie
Jaco Jacobs
Illustreerder: Alex van Houwelingen

Zackie en Vincent is baie opgewonde! Hulle gaan aan ’n fotokompetisie deelneem. Vincent het sy pa se kamera geleen. Hulle moet ’n mooi foto neem. Die beste foto’s kan groot pryse wen!

Om ’n goeie foto te neem is glad nie so maklik as wat dit lyk nie en Zackie besluit om sy skaatsplank te gaan haal vir die beste aksiefoto ooit! Maar Anton, die boelie, het ander planne …
 
 
 
 
 
Z is vir Zackie 8: Die Slymerige Slakke
Jaco Jacobs
Illustreerder: Alex van Houwelingen

Mevrou Langenhoven se tuin is vol slakke. Groot, slymerige slakke! Zackie en Vincent besluit om te help. Hulle gaan die slakke vang. Dit is groot pret! Boonop kry hulle ’n beloning. Mevrou Langenhoven bak vir hulle lekker koekies!

Maar Anton, die boelie, wil al die koekies eet …
 
 
 
 
 
 
 
Boekbesonderhede

“Soet kinders maak nie goeie stories nie”– Fanie Viljoen gesels oor sy jeugromans

$
0
0

Fanie Viljoen het destyds kritici, lesers, ouers, en onderwysers aan die gons gehad oor sy debuutroman BreinBliksem. Sedertien het Fanie uitgebrei na kinderboeke, en romans vir jonger tiener lesers. Hier gesels hy oor die noodsaaklikheid van kwessies soos homoseksualiteit in skole bespreek, die rol wat musiek in sy boeke speel, die subtiele gevare van tegnologie, en faktore wat daartoe lei dat mense gewelddadig optreee.

Buiten jou jeugverhale, skryf jy ook kinderboeke. Hoe verskil die uitdagings wat jy met die skryf van die twee afsonderlike genres ervaar?

Die ontwikkelingsvlak van kinders verskil geweldig van jaar na jaar. ’n Mens moet dus baie versigtig wees vir die tipe stories wat jy vertel en hoe jy dit vertel. Met jeugverhale kan jy meer waag wat temas betref, veral vir ouer tieners.

Die risiko’s wat aan ons maklike/oombliklike toegang tot die internet geheg word, word in jou boeke ondersoek. Brei bietjie uit hieroor?

Tegnologie is baie belangrik vir jongmense, en hulle boeke moet dit weerspieël. Ek hou daarvan om soms die spanning op te jaag as die tegnologie nie werk nie, byvoorbeeld as ’n selfoonbattery pap is wanneer jy hulp wil ontbied. My boeke waarsku ook subtiel teen die gevare van tegnologie, soos die gebruik van sekere apps of kuberkrakery.

Uit handel oor ’n tienerseun wat worstel met sy seksualiteit. Wat is jou opinie oor hoe homoseksualiteit deur Afrikaanse gemeenskappe ontvang word? Dink jy daar word genoeg opbouende, deurdenkte gesprekke daaroor gevoer? Word daar genoeg daaroor geskryf in jeugromans?

Die aanvaarding van homoseksualitiet verskil grootliks in ons land. By sommige skole het die kinders nie ’n probleem daarmee nie, maar by ander skole kan ek sien hoe die atmosfeer dadelik verander as die onderwerp opkom. Daar was al ook ’n skool wat gevra het dat ek nie oor Uit moet praat nie. Dit is juis daardie skole wat dit nodig het. Daar moet gepraat word, want in elke skool is daar ’n paar kinders vir wie die boek bedoel is. Die tieners moet weet hulle staan nie alleen nie. Ons jeugromans begin al hoe meer in die tema delf. Marion Erskine se onlangse jeugroman Vlerke vir Almal vir almal spreek dit ook as subtema aan.

Uit

Een hoofstuk in Pleisters vir die Dooies se titel heet ‘Ultrageweld’; hierdie is ‘n direkte verwysing na die hoofkarakter in Anthony Burgess se Clockwork Orange, Alex, en dié se droogs se gunsteling tydverdryf (“ultra violence”). Die ongure karakters wat die protagonis raakloop herinner ook aan Alex en sy droogs. Beide BreinBliksem en Pleisters vir die Dooies bevat tonele van ultrageweld. Hoe gaan jy teweeg om bloeddorstige tonele te skryf, en wat dink jy ‘veroorsaak’ gewelddadige gedrag in ’n mens? (Die protagonis in PVDD skryf sy geweld-drange aan rekenaarspeletjies toe, maar tog…)

Ek laat my deur my skrywersinstink en die karakters lei wanneer ek so ’n toneel sou skryf. Dit moet getrou wees aan die storie en pas by die karakter se motivering. Daar is verskeie kriminologiese teorieë vir geweld en misdaad. Om net rekenaarspeletjies die skuld te gee, is simplisties. Frustrasie, ouers se onbetrokkenheid, boeliery en toegang tot wapens is van die redes.

Breinbliksem
Pleisters vir die dooies

Verwysings na musiek en musikante verskyn deurlopend in jou romans (van Korn in BreinBliksem tot Foster the People en Leonard Cohen in Pleisters vir die Dooies en selfs jou eie skepping, Koelkop, in Spring). Wat beteken musiek vir jou, en watter rol speel musiek in tieners se lewens?

Musiek word die klankbaan van ’n mens se lewe. Elke jeugverhaal wat ek skryf het ook ’n klankbaan. Dit help my om in die karakters se koppe te klim. Vir Pleisters vir die Dooies het ek byvoorbeeld herhaaldelik na Nick Cave se “Mercy Seat” geluister omdat dit byna soos ’n mantra is.

Swendelaars en groepsdruk steek ook gereeld kop uit in jou boeke. Om watter rede skryf jy oor tieners/jong volwassenes se begeerte om deur hulle portuurgroep en/of ouer, cooler, meer ervare mense aanvaar te word?

Die behoefte om aanvaar te word is steeds ’n kwessie vir die meeste tieners. Dis deel van die grootwordproses, ons wil iewers behoort, selfs al is dit by die groep kinders teen wie jou ouers jou gewaarsku het. Om dan te lees hoe daardie behoefte jou in die moeilikheid laat beland, sorg vir ’n lekkerleesboek. Soet kinders maak nie goeie stories nie, of altans nie die stories wat ek wil lees nie.

Boekbesonderhede

Vier romanzas vir die winter

$
0
0

Bernadine en die babawagter
Arien Lubbe

Bernadine stel iemand aan om na haar driejarige seuntjie te kyk. Miké se CV beïndruk haar die meeste so sy kry die pos. Maar dan blyk “Miké” eintlik Michael te wees – ’n onbeskryflik aantreklike en baie manlike ingenieur!
 
 
 
 
 
 
Alles is perfek
Dina Botha

Die weduwee en sterrekundige, doktor Emma Holbrook, se toekomsplanne sluit nie ’n babadogtertjie in nie. Sy wil vir NASA werk en gaan haar kind laat aanneem. Maar die aantreklike dokter Simon Krynauw, wat haar dogtertjie wil aanneem maak haar hart baie deurmekaar.
 
 
 
 
 
 
Die dokter se rare fobie
Trudy Reinhardt

Roseanne se ses-maande-verblyf op die pragtige St Francisbaai word deur haar tydelike kollega, Sean Byrne, ontsier. Sy diagnoseer hom met ’n rare vrees vir velkontak. Maar die vraag is, het Sean werklik ’n vrees vir kontak of hou sy fobie eerder verband met blondines, waarvan Roseanne een is?
 
 
 
 
 
 
Die paartjieknoper
Ida Bester

Annelle is ’n paartjieknoper, maar sy wil nie liefde vir haarself vind nie. Toe sy egter in Christiaan Verwey se oë kyk, is sy nie meer so seker sy wil Kupido se pyl ontwyk nie.

 
 
 
 
 
 

Boekbesonderhede

Sluit aan by Lapa se RomanzaKlub – jy verdien dit

$
0
0

By LAPA Uitgewers gee ons maandeliks vier lekkerlees-liefdesverhale uit. Dit verskyn onder die reeksnaam, Romanza.

Het jy geweet?
· Wanneer jy ’n romanse lees, veroorsaak dit ’n chemiese reaksie in jou brein wat jou goed laat voel.
· Dit verlig stres op ’n natuurlike manier.
· Romanzas voer jou weg na ’n plek waar mans ridders is en liefde heel maak.

Bederf jouself met ons liefdesverhale.

Jy verdien dit.

Sluit aan by RomanzaKlub teen R115,00 per maand en ontvang as lid die volgende voordele:

- Ontvang twee Romanzas elke maand vir slegs R115,00

- Bestel jou derde en vierde Romanza vir slegs R45,00 elk

- Jy kry 50% afslag op alle SuperRomanzas

- Ontvang ’n gratis ses-maande subskripsie tot rooi rose

- Jy kry 30% afslag op alle LAPA-boeke (dit sluit Romanza, afgemerkte boeke of enige ander spesiale aanbiedinge uit). Hierdie bestellings kan telefonies geplaas word by 012 401 0700 of via epos by lidav@lapa.co.za. *Slegs vir bestellings, nie vir aansluiting by die klub nie

- Die liefdesverhaal, Droomman, word eksklusief aan nuwe lede gestuur en is geteken deur die skrywer, Magdaleen Walters

Klik hier vir meer inligting.


Jojo Richter is terug!

$
0
0

PaaiboelieChanette Paul se ondersteuners sal bly wees om te hoor Jojo Richter van Siende blind, Raaiselspieël en Ewebeeld is terug.

Hierdie enigmatiese privaat ondersoeker word gehuur om uit te vind wat werklik sewe jaar gelede in die skatryk Eduard Swiegelaar se studeerkamer gebeur het. Hy is daardie dag, ten aanskoue van sy heelwat jonger, sexy trofeevrou, Zaan Mentz, doodgeskiet.

Zaan het ’n redelike rykdom verkry toe haar ouer man dood is, en daarom trek sy in op Crystal Crags, een van die mees eksklusiewe landgoedere in die land. Haar keuse van dié landgoed hang saam met die puik sekuriteit, want sy weet wat in daardie studeerkamer gebeur het, en sy vrees vir haar lewe.

Dit neem egter nie lank voor Jojo en Zaan agterkom dat vreemde goed ook binne die veilige mure van Crystal Crags gebeur nie. Is dit toe te skryf aan die bonatuurlike? Die plaaslike inwoners vertel graag dat die landgoed binne die Duiwelsdriehoek lê, ’n plek waar dinge en mense sommer wegraak.

Die stories loop dik, en hoe dieper Jojo grawe, hoe meer besef sy iets is nie pluis nie.

Terwyl Jojo die geheim van ’n enkele oggend se gebeure ontrafel, dobber die geheime, wat vir langer as ’n honderd jaar op Crystal Crags verswyg is, geleidelik boontoe. Zaan staan skielik in die brandpunt. Hoe lank sal dit neem voor haar veilige blyplek ’n tronk word waaruit sy nie kan ontsnap nie?

Chanette Paul het reeds in verskeie genres gepubliseer, maar met haar spanningsromans, wat sedert 2007 verskyn, vind sy werklik haar nis. Die storie staan sentraal, maar vir die ernstige leser is daar allerlei weggesteekte lekkernye wat tussen die verweefde storielyne verpak word.

Boekbesonderhede

50 Boerekosgeregte: krap maar in hierdie pot wat ’n voorwoord deur Dana Snyman bevat…

$
0
0

Kyk, as Dana Snyman die voorwoord skryf, dan weet jy…

50 Boerekosgeregte is ‘n samestelling van resepte uit die kombuise van die Vrouelandbouvereniging van die Noord-Kaap.

Krap maar in hierdie pot.

Hier is resepte vir weeksdagetes, spesiale geleenthede en familiesaamtrekke, met immergroen treffers soos ‘n korslose souttert, basaarpoeding, gestolde komkommerslaai, kerrievleisvetkoeke, snoektert, karringmelkroosterkoek en groenboontjiebredie.

 
Boekbesonderhede

Innie skylte vannie Jirre vir die neënde maal herdruk

$
0
0

Innie skylte vannie JirreInnie skylte vannie Jirre is ‘n beduidende uitbreiding van die blitsverkopertjie, Die Griekwapsalms en annerlike goeterse yt die Woord yt.

Nóg meer Bybelgedeeltes word poëties getransponeer, sodat die betekenis van die Woord in die leser opnuut ontroer en binnetoe laat dink.

Boekbesonderhede

Twee nuwe titels in Holly Webb se gewilde Lana en Rakker-reeks tref die rakke

$
0
0

Lana en Rakker 5: Vakansie By Die See

Lana en haar gesin gaan die vakansie by haar ouma-hulle kuier. Dit is by die see en Ouma beplan hope prettige dinge vir die vakansie. Sy is egter baie gesteld daarop dat haar huis netjies moet wees; dit gaan nogal moeilik wees met Rakker in die omtrek! Kan Rakker dit regkry om Ouma se hart te steel voor sy so vies word dat sy hom terug huistoe stuur?

Vakansie by die see is die vyfde boek in ’n reeks van agt boeke.
 
 
 
 
 
 
 
 Lana en Rakker 6: Rakker se prettige Kersfees

Die diereskuiling, Vierpotige Vriende, hou Kersfees om geld in te samel. Daar gaan stalletjies wees met heerlike eetgoed, oulike geskenke – en selfs speelgoed vir honde! Lana voel jammer vir die honde wat nie huise het nie en beplan om saam met Rakker te gaan Kersliedjies sing. Met sy oulike Kersvader-hoed gaan hy beslis hope harte steel en baie geld vir liefdadigheid insamel. Ongelukkig verloop dinge nie volgens plan nie.

Rakker se prettige Kersfees is die sesde in ’n reeks van agt boeke.
 
 
 
 
 

Boekbesonderhede

Skwiek is ’n skreeusnaakse, aksiebelaaide avontuur vol skurke, jaagtogte, geheime agente, kaaskrulle en hamsterhipnose!

$
0
0

Skwiek’n Hamster wat mense kan hipnotiseer? Dis onmoontlik!

Moenie glo nie. Op ’n dag kry Nathan ’n geheimsinnige boks voor hul woonstel se deur. Sy naam staan op die boks geskryf. En binne-in is ’n hamster. Hy is oulik en wollerig en sy naam is Skwiek.

Hy is nie sommer ’n gewone hamster nie. Hy het ’n ongelooflike superkrag. Nathan vat vir Skwiek saam skool toe. Hy gebruik hom om die onnies en die skoolboelie te hipnotiseer! Dis groot pret!

Dan vind Nathan egter uit Skwiek is op ’n geheime sending; en ’n gevaarlike skurk is warm op hul spoor.

Skwiek is ’n skreeusnaakse, aksiebelaaide avontuur vol skurke, jaagtogte, geheime agente, kaaskrulle en hamsterhipnose!

Boekbesonderhede

Waarom lyk dit asof Danté se pa ’n skaduwee soos ’n vlermuis het? Watter geheime skuil in die grillerige kasteel? Sanri se neus kriewel weer…

$
0
0

Sanri SteynSanri is opgewonde toe sy hoor dat haar beste vriend se neef op Raaiselfontein kom bly. Sy kan nie wag om vir Danté te ontmoet nie. Danté en sy gesin bly immers in Vlermuishoogte – ’n geheimsinnige ou kasteel buite die dorp.

Kort voor lank begin Sanri se neus weer kriewel. Dit beteken net een ding – sy ruik ’n storie! Waarom lyk dit asof Danté se pa ’n skaduwee soos ’n vlermuis het? Watter geheime skuil in die grillerige kasteel? Is haar maatjie, Markus, regtig in groot gevaar, soos sy neef hom waarsku?

Theresa van Baalen is reeds met twee ATKV-Kinderboektoekennings bekroon en sy is die ontvanger van die 2012 Tienie Holloway-medalje vir Kleuterliteratuur.

Boekbesonderhede

Jaco Jacobs met IBBY SA-toekenning bekroon

$
0
0

LAPA Uitgewers is trots om aan te kondig dat Jaco Jacobs se rympieboek Moenie hierdie boek eet nie!, geïllustreer deur Zinelda McDonald, pas as die wenner van die tweejaarlikse Exclusive Books IBBY SA-toekenning aangewys is.

Die toekenning word onderskryf deur die Internasionale Raad op Boeke vir Jongmense (IBBY), ’n niewinsgewende organisasie wat ’n wêreldwye netwerk van mense verteenwoordig wat daarna strewe om kinders en boeke bymekaar te bring. Die toekenning bekroon die skrywer sowel as die illustreerder van die wenboek.

Om vir die prys in aanmerking te kom, moet die skrywer en die illustreerder albei Suid-Afrikaans wees en die boek moet ’n oorspronklike werk in enige Suid-Afrikaanse taal wees. Die boek moet ook in Suid-Afrika gepubliseer wees. Die prysgeld van R10 000 word deur die skrywer en illustreerder gedeel.
 
 
Moenie hierdie boek eet nie! ’n Rympie vir elke dag van die jaar is ’n versameling van 366 splinternuwe kinderverse uit die pen van Jaco Jacobs. Dit sluit lawwe rympies, haikoes, limerieke en tongknopers in wat kinders (én grootmense!) heeljaar sal laat skaterlag. Daar’s rympies oor oupas en oumas, goggas, krieket, ruimtevaarders, seerowers, spoke, skool-toilette, Kersvader en krokodille…

Oor die illustrasies skryf die kinderboekkenner Lona Gericke: “McDonald se illustrasies is modern, verbeeldingryk, vol humor en maak ’n groot bydrae tot die algehele gevoel van ’n puik produksie. Haar werk kan vergelyk met van die beste internasionale bundels wat ek al beoordeel het.”

Die keurverslag het die volgende gesê: “’n Puik, keurig versorgde boek waar teks en illustrasies ’n uiters aantreklike geheel vorm. Die boek het 312 bladsye met rympies vir elke dag van die jaar. In Januarie rym hy oor nuwejaarsvoornemens, die eerste skooldag en selfs Gorgonzola. Die rympies onderskryf Jaco Jacobs se fyn aanvoeling vir die ervaringswêreld van kinders.”

Colleen Whitfield, kinderboekbestuurder van Exclusive Books, sê: “Die primêre oogmerk met die Exclusive Books IBBY-toekenning is om erkenning te gee aan die ongelooflike Suid-Afrikaanse talent en om plaaslike skrywers en illustreerder aan te moedig om die internasionale standaard van illustrasies en stories te handhaaf. Hierdie genre van letterkunde het pragtig in Suid-Afrika ontwikkel en Exclusive Books sal graag wil toesien dat dit selfs verder groei.”
 

Moenie hierdie boek eet nie!

Boekbesonderhede

  • Moenie hierdie boek eet nie! ’n Rympie vir elke dag van die jaar deur Jaco Jacobs, geïllustreer deur Zinelda McDonald
    EAN: 9780799379211
    Find this book with BOOK Finder!

Splinternuut! Twee e-boek romanzas vir slegs R29, 99 elk

$
0
0

Man met ’n Hart
Marilé Cloete

Jacques het nog nooit ’n moeilike vrou soos Jackie ontmoet nie, maar wegbly kan hy nie. Jackie het ná haar eksverloofde haar gelos het mure om haar hart gebou en sy is nie van plan om dit nou te laat verkrummel nie. Maar Jacques laat hom nie stuit nie en sy besef hy is ’n groot gevaar vir haar hart.

Klik hier om die e-Pub vir ‘n foon of ‘n tablet te koop en hier vir die Kindle-weergawe.
 
 
 
 
 
 
’n Ridder vir Sanna
Sophia Kapp

Met die eerste oogopslag, herken Sanna vir Dewalt as die een wat haar liefde waardig is. Maar albei dra swaar aan hul verlede. Sal hulle die struikelblokke in hul verlede kan oorkom en saam geluk vind?

Klik hier om die e-Pub vir ‘n foon of ‘n tablet te koop en hier vir die Kindle-weergawe.

Lizzie de Villiers besef uiteindelik sy het haar man van die afgelope 28 jaar nie meer lief nie. Wanneer het hulle uitmekaar begin dryf?

$
0
0

Die einde van die storie

Apatie het in hulle huwelik ingesluip en ’n sluwe derde huweliksmaat geword. Dit het al hoe groter geword, gevoed deur die stiltes tussen hulle wat langer geword het” (bladsy 8).

 
Lizzie de Villiers besef uiteindelik sy het haar man, Marthinus, nie meer lief nie. Hulle is reeds 28 jaar getroud. Wanneer het hulle uitmekaar begin dryf?

Dié insig bring verdere vrae: Kan die ou liefde weer kan laat ontvlam? Moet hulle in hierdie limbo vasgevang bly? Moet sy haar eie paadjie stap?

Marthinus stem egter nie met Lizzie saam nie. Volgens hom is daar niks verkeerd nie. Hy wil hê Lizzie moet bly, of sy nou lief is vir hom of nie. Lizzie se vertwyfeling bring haar egter nader aan die ander vroue in haar lewe; elkeen bring met ʼn unieke perspektief.

Dit is net hulle dogter, Estelle, wat verder van Lizzie wegdryf. Die konflik tussen haar ouers veroorsaak dat Estelle op die ouderdom van vier en twintig skielik soos ʼn tiener optree.

Wanneer ’n geleentheid opduik om afstand te kry tussen Lizzie en Marthinus, gryp Lizzie dit met albei hande aan. Afstand bring insig, vir albei huweliksgenote. Sal hierdie huwelik die toets deurstaan, of dalk juis nie?

Santie van der Merwe se skryfwerk word gekenmerk deur deurleefdheid en fyn humor. Sy word geloof daarvoor dat haar werk van deernis met die mensdom spreek, gestroop van oordadige beeldspraak of hogere taalgebruik. Die einde van die storie is Santie se vyfde roman. Sy het ook al tydskrifverhale geskryf en in 2017 word haar kortverhaal, “Pers”, opgeneem in die US Woordfees se kortverhaalbundel, Wys.

Pryswoorde
Chanette Paul sê van Ver in die wêreld Kittie: “Santie wurm haar so diep in die weefsel van menswees in, dit kan nie anders as om die leser te affekteer nie. Hierdie manuskrip het ’n soet hartseer by my ontketen en my ontroerd en selfs ʼn klein bietjie ontredderd gelaat. Haar deernis met die mensdom spreek uit haar werk soos min skrywers haar dit kan nadoen.”

Madri Victor sê op Goodreads van Gelyke kans: “Wat ’n lekker debuut! Onvoorspelbare plot, lewendige karakters wat méns is en net genoeg spanning om jou vasgenael te hou. Gelyke kans hanteer die ou tema van egbreuk en mans wat in hulle middeljare groener, jonger weivelde soek, op ’n vars manier.”

Alta Cloete skryf op BooksLive: “Gelyke kans is ’n welkome toevoeging tot Afrikaans se skat van moderne, geloofwaardige liefdesverhale en nog ’n stappie in die proses van lekkerleesboeke (ontspanningslektuur) om hulle regmatige plek langs die letterkunde in te neem.”

’n Leser sê op Goodreads van Vandat jy weg is: “Toe ek die eerste boek, Gelyke kans, klaar gelees het, kon dit nie hoog of laag nie, ek moes onmiddellik die opvolg in die hande kry. Dis ’n vars, nuwe skrywerstem in Afrikaans en ek hoop ons gaan nog vorentoe baie boeke van haar te lese kry. Dis ’n anderste soort liefdesverhaal, wat mens plek-plek hartseer maak, oor verbreekte vertroue en verspeelde kanse. Maar uiteindelik maak jy die boek toe met ‘n tevrede gevoel.”

Yolande Wessels sê op LitNet van Anderkant vergeet: “Santie van der Merwe se jongste roman, Anderkant vergeet, is beslis iets wat meeste liefhebbers van Afrikaanse liefdesverhale in hul versameling sal verwelkom; ’n roman wat ’n indruk op jou sal laat en wat beslis nie vergete sal wees nie.”

Boekbesonderhede

Marilyn Gantana se kookboek is vars én anders

$
0
0

Marylin kuier en kook!

Marilyn Gantana het aan die verkeerde kant van die spoor grootgeword. Sy het ’n renons ontwikkel in die boodskap van die kerk wat nie tot haar werklikheid gespreek het nie. Die jonge Marilyn het gerebelleer.

Raai wat? Toe trou sy met ’n VGK-dominee en die jong egpaar word beroep na Loeriesfontein. Hulle is die eerste bruin egpaar in hierdie gemeente, in die kerk wat destyds nog bekendgestaan het as die NG Sendingkerk. Die ouer susters wat erg bekommerd oor die jonge Marilyn. Hulle het haar skeef aangekyk, want wat weet sy? Die jonger susters, aan die ander kant, het hierdie mooi jong dominee só gekyk en gedink, sjoe.

Marilyn kón kook, sy het by haar ma geleer. Tog het sy besef dat sy nog baie sal moet leer om met min hulpbronne vir báie mense kos te maak. Toe gaan soek sy raad by die einste susters wat haar so skeef kyk. Sy vra, sy probeer, en sy begin kook haar kritici se monde vol kos – en sy maak seker haar mooi jong man bly eet uit haar potte!

Haar eerste kookboek is vir die kerkgemeenskap uitgegee, en Kuier het haar raakgesien. Sy is toe vir twee jaar as Kuier-huiskok aangestel.

Marilyn kuier en kook! is haar eerste kommersiële kookboek en LAPA is baie trots om deel te wees hiervan.

Marilyn Gantana het oor die jare baie geleer, nie net by die kerksusters nie, maar ook as ma van drie. Sy hou deesdae boonop voltyds skool ook. Marilyn weet dus presies hoe kosbaar tyd is. In Marilyn kuier en kook! nooi sy ons om te deel in haar beste resepte wat sy al vir meer as 30 jaar bymekaarmaak en toets.

Daar is familieresepte wat sy tydens haar grootwordjare by haar ma en tannies geleer het, ook die wenresepte van die wonderlike staatmakers wat geliefde gemeentelede van Loeriesfontein en Grabouw met haar gedeel het. Ons deel in smulkos, soos gebraaide lamsribbetjies, pannekoekies met ’n hoendervulsel, mini-seekosquiches en roosterkoek. Alles word op ’n eenvoudige en bekostigbare manier berei. Die resepte is sonder fiemies, doenbaar en gou om te maak.

Marilyn is baie lief vir ’n lekker slaai. Hier is ook hoofstukke in met resepte vir sop, ligte etes en bygeregte, vis en seekos, maalvleis, hoender, rooivleis, soetgoed en gebak.

Boekbesonderhede

Get creative with pallets!

$
0
0

PaletteThis book offers 33 DIY pallet items in which the humble pallet is transformed into affordable, practical and eco-friendly furniture, decor, toys, garden products and gifts. Upcycling is the term that is used for the creative recycling of discarded materials or unusable or unwanted items to create new products.

The book is packed with full-colour photos and easy-to-follow, step-by-step instructions – from how to dismantle the raw pallet to planning and building your own projects, and paint techniques for finishing off your products. The difficulty of the projects varies, so the book is ideal for beginner crafters and DIY enthusiasts with more advanced skills. Some of the projects include: a wine rack, garden-tool rack, coffee table, easy chair, trousseau chest, book case, vegetable rack, photo frame, planters, toy kitchen, a toy trolley and a playhouse.

It is a great book for entrepreneurs who want to earn money from manufacturing pallet products.
 
 
Jason Kobrowisky is an experienced furniture designer and carpenter who owns a furniture factory in Johannesburg. Wood, and especially reclaiming wood, lies close to his heart. He is very fond of creating something beautiful from discarded wood. He has a modern approach to furniture and décor, using affordable materials.

Book details

Hoe lank kan Léa vir Philip met haar vals Kupido.com profiel flous?

$
0
0
Is jy gereed om die liefde van jou lewe te ontmoet?

Waarvoor wag jy? Sluit dadelik aan!

Kupido.comLéa kan dit nie help nie – die hoofseun, Philip Cronjé, laat haar hart tjoklits klop.

Philip is ’n regte Romeo. Hy het bruin oë, hy is slim en aantreklik… en hy het ’n meisie. Nie dat dit regtig saak maak nie, want Léa weet ’n ou soos Philip sal nie eens twee keer na ’n vaal, vervelige meisie soos sy kyk nie.

Maar dan skep haar beste vriendin, Kaylie, vir haar ’n vals profiel op Kupido.com, ’n kletskamer waar jy veronderstel is om die liefde van jou lewe te ontmoet. Kort voor lank is daar iemand wat met Léa wil gesels – Philip!

Daar is net een probleem: Die meisie op die profiel het rooi hare, sy is ’n bikinimodel in haar vrye tyd, en sy is baie avontuurlustiger as Léa. Hoe lank sal Léa dit regkry om Philip te flous?

’n Snaakse, romantiese debuutroman vir tieners deur ’n opwindende jong, nuwe skrywerstem in Afrikaans!

 
 
 

Boekbesonderhede

Viewing all 235 articles
Browse latest View live