Quantcast
Channel: LAPA Uitgewers
Viewing all 235 articles
Browse latest View live

Kom luister na Alta Cloete se gesprek met Madri Victor oor Opdrag van oorkant in Stellenbosch

$
0
0

Opdrag van oorkantJy word hiermee vriendelik uitgenooi na die tweede geleentheid op die US-Woordfees se nuwe leeskringprogram – ‘n opwindende gesprek met Alta Cloete oor haar jongste roman, Opdrag van oorkant.

Madri Victor sal met die skrywer gesels op Donderdag, 29 Oktober om 10:00 by Weltevreden in Stellenbosch. Kaartjies kos R60 per persoon en sluit tee en versnaperinge in.

Opdrag van oorkant vertel die verhaal van vier vroue wat met die afsterwe van die Afrikaanse skrywer Coenraad Beyers in ’n ongemaklike eenheid saamgesnoer word. Die vroue het almal op een of ander stadium ‘n verhouding met Coenraad Beyers gehad, en word gedwing om aan ‘n boektoer deel te neem.

Moenie die gesprek misloop nie!

Besonderhede

  • Datum: Donderdag, 29 Oktober 2015
  • Tyd: 10:00
  • Plek: Weltevreden
    Welgevondenlaan
    Stellenbosch | Padkaart
  • Gespreksgenoot: Madri Victor
  • Verversings: Tee en eetgoed
  • Koste: R60
  • Koop kaartjies: Computicket

 
Lees ook:

 

Boekbesonderhede


What Happens to Babies Born in Prison? Carla van der Spuy Explains

$
0
0

Blood on Her HandsBloed op haar handeIn her latest book, Blood on Her Hands: Women Behind Bars, Carla van der Spuy asks pertinent questions about women’s experiences in jail:

What drives women to commit murder? What does it feel like to share a cell with murderers? What is the worst part of spending time behind bars?

Sameer Naik interviewed Van der Spuy about one of the controversial issues she touches on in her book, that of babies born behind bars.

The author visited the Johannesburg Prison to do research for her book, which is also available in Afrikaans as Bloed op haar hande: Vroue agter tralies. Here she discovered that there were 27 babies living with their mothers, but she also found that conditions for toddlers are much better than before.

Read the article:

During the visit, Van der Spuy sat down with several woman inmates who had babies living with them in the prison.

She was also given a tour of the women’s wing of the facility by staff members.

The new unit, she discovered, was run by woman inmates.

“To be honest I was blown away by the facilities for female inmates and their babies,” Van der Spuy told Saturday Star.

“That section is so clean and neat. You could definitely mistake it for a normal day care centre.

 
Also read:

 

Book details

’n Goeie dag vir boomklim deur Jaco Jacobs: ’n Humoristiese, aangrypende grootwordverhaal

$
0
0

’n Goeie dag vir boomklimJaco Jacobs se jongste jeugroman, ’n Goeie dag vir boomklim, is nou beskikbaar op LAPA se rakke:

Partykeer doen ’n mens in ’n oogwink iets wat jou hele lewe verander. Soos om agter ’n vreemde meisiekind aan in ’n boom te klim …

Marnus is moeg daarvoor om in sy twee broers se skadu te leef. Sy ouer broer breek swemrekords en meisies se harte. Sy kleinboetie is op nege reeds ’n uitgeslape entrepreneur met briljante geldmaakplanne. En Marnus-die-middelmannetjie voel partykeer asof hy onsigbaar is.

Maar toe ’n meisie genaamd Leila een oggend aan Marnus-hulle se deur kom klop en vra hy moet ’n petisie teken, is dit die begin van ’n onverwagse avontuur. Marnus beland saam met Leila bo in ’n boom in ’n desperate poging om te keer dat dit afgekap word. In die proses ontmoet hulle ’n kleurryke versameling karakters. En uiteindelik kry Marnus ’n kans om raakgesien te word …

’n Humoristiese, aangrypende grootwordverhaal vol onvergeetlike karakters.

Oor die outeur

Jaco Jacobs is op Carnarvon in die Karoo gebore. Sy eerste boek, Troetelgedrog, het in 2001 by LAPA verskyn, en sedertdien het meer as honderd boeke vir kleuters, kinders en tieners uit sy pen verskyn. Sy boeke is onder meer bekroon met die Alba Bouwerprys, die C.P. Hoogenhoutmedalje en 19 ATKV-Kinderboektoekennings. Talle van sy boeke word met groot sukses by skole voorgeskryf, en in 2014 is ’n rolprentweergawe van sy gewilde tienerboek Suurlemoen! landwyd vrygestel. Hy woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy dogtertjies, Mia en Emma, twee honde, Pippie en Binki, en ’n baie stoute kantoorkat genaamd Lego wat sy bes probeer om Jaco uit die werk te hou. Besoek gerus sy webtuiste.

Boekbesonderhede

“Karakters kom soms op ’n vreemde manier na ’n skrywer toe”– Fanie Viljoen oor Prooi (Potgooi)

$
0
0

ProoiDie bekroonde jeugboekskrywer Fanie Viljoen het vanjaar sy eerste boek vir volwassenes vrygestel. Prooi is ‘n sielkundige riller wat handel oor die verstrengelde lewens van drie karakters – ‘n player, ‘n hokvegter en ‘n beeldskone verleidster.

In ‘n onderhoud met Ilse Salzwedel op RSG se Skrywers en Boeke-program vertel Viljoen hoe hy te werk gegaan het om karakters te skep.

“Ek hou daarvan om foto’s te gebruik wanneer ek met karakters werk,” sê Viljoen. “Karakters kom soms op ‘n vreemde manier na ‘n skrywer toe.” Die karakter Cody, byvoorbeeld, is gegrond op ‘n sekuriteitswag en hokvegter wat hy in die gym ontmoet het.

Partykeer is dit ‘n persoon wat in jou agterkop vassteek, vertel Viljoen. “Ek hou van die randfigure, om hulle stories te gaan skryf, ek hou my oë gedurig oop om te kyk of daar iemand is wat ‘n idee kan prikkel en in die boek kan beland.”

Viljoen hou veral van karakters met vuil hande, en sê hy was nie seker of lesers van dié karakters sal hou nie.

Die gesprek begin om 19:30. Luister na die potgooi:

 

Bloem Nuus-verslaggewer Jens Friis het met die skrywer gesels oor sy voorkeur vir antihelde, hoe die skryfproses vir jeugverhale verskil van boeke vir volwassenes en hoe hy dit regkry om in sy karakters se koppe te klim.

Lees die artikel:

Hou jy daarvan om verhale met antihelde te skryf?

Ja, die karakters met die vuil hande en donker verledes interesseer my geweldig. Ek hou van die sielkunde agter hul denkprosesse en optredes. Die antihelde in Prooi is seker almal op ’n manier ongure karakters, maar hul swakhede maak hulle ook menslik.

Lees ook:

 

Boekbesonderhede

Net betyds vir somer: Braaidisse met ’n kinkel in Gunsteling braairesepte deur Clover SA

$
0
0

Gunsteling braairesepteFavourite Braai RecipesGunsteling braairesepte deur Clover SA en Lyn Woodward is nou beskikbaar op LAPA se rakke:

“As Suid-Afrikaners is braai nou maar eenmaal deel van ons kultuur. Min dinge kom naby lekker kuier en eet om ’n vuurtjie – of dit nou in die bosveld is met ’n jakkals wat roep in die verte, rondom ’n moderne gasbraai op ’n sjiek patio iewers in die voorstede, of op die balkon van ’n piepklein studentewoonstelletjie.” (Prof Elain Vlok, Bestuurder: Korporatiewe Dienste, Clover SA)

Die meeste resepte in hierdie mooi publikasie het ’n moderne aanslag en daar word met nuwe smaakkombinasies geëksperimenteer. Indien jy braaidisse met ’n kinkel wil voorsit, is hierdie net die boek vir jou.

Die hoofstukindeling lyk so:

  • Peuselhappies
  • Slaai
  • Vis en seekos
  • Bees-, wild- en lamsvleis
  • Brood en gebak
  • Nageregte

 
In prof Vlok se woorde: “Of jy nou vleiseters of vegetariërs onthaal, op soek is na idees vir smullekker bykosse of slaaie, of dalk net jou hoofgeregte ’n bietjie oemf wil gee, dié boek bied dit alles en vele meer.”

Gunsteling braairesepte is ook in Engels beskikbaar as Favourite Braai Recipes. ’n Persentasie van die boek se verkope word aan die Clover Mama Afrika-projek geskenk.

Oor die outeur

Die resepontwikkelaar, Lyn Woodward, is ’n stralejakker wat insigte en idees op haar vele eksotiese reise versamel. Sy is ’n gekwalifiseerde kok, ’n Kaapse Wynmeester, sy gee klas, sy skryf en werk ook as ’n kosstilis.

Boekbesonderhede

’n Biblioteek is ’n geskenk vir lewenslank – Zerelda Esterhuizen

$
0
0

Doen dit sóZerelda Esterhuizen het vroeër vanjaar ‘n artikel geskryf in haar “Ma van die jaar”-rubriek vir Vroukeur oor die grootste geskenk wat haar ma ooit vir haar gegee het – biblioteekkaartjies.

Die samesteller van Doen dit só onthou die “reuk van derduisende blaaie in ons neuse” en die Kaapse winters wat sy tussen die rakke van die Goodwood-biblioteek met Trompie, Saartjie en die Maasdorp-karakters spandeer het.

Die skrywer is nou self ‘n ma, en vertel hoe sy hierdie geskenk, ‘n liefde vir lees, aan haar kinders gaan oordra.

Lees die artikel:

Ek is so trots dat my oudste nou begin lees, woordjies herken en van boeke en stories hou. Ek wil vir haar ook so ’n wêreld oopmaak soos wat my ma vir my gedoen het. Ek weet biblioteke word nie meer so wyd ondersteun nie, maar een van die dae gaan my kinders biblioteekkaartjies met hul name op hê. En dan gaan ons ook daarheen gaan en hulle gaan tussen die rakke verdwyn met die reuk van jare se boeke wat daar skuil. Boeke vol geheimenisse wat hulle gaan blootstel aan plekke en mense waarvan hulle nog nooit gehoor het nie. En dit is ’n geskenk vir lewenslank.

Boekbesonderhede

Wen een van vyf Jaco Jacobs-geskenkpakke ter viering van sy nuwe tienerboek, ’n Goeie dag vir boomklim

$
0
0

’n Goeie dag vir boomklimJaco Jacobs se jongste tienerboek, ’n Goeie dag vir boomklim, het pas op LAPA se rakke verskyn!

Partykeer doen ’n mens in ’n oogwink iets wat jou hele lewe verander. Soos om agter ’n vreemde meisiekind aan in ’n boom te klim …

’n Goeie dag vir boomklim vertel die verhaal van middelkind-Marnus wat uiteindelik ’n kans kry om raakgesien te word wanneer hy eendag saam met ’n meisiekind bo in ’n boom beland in ’n desperate poging om te keer dat dit afgekap word.

Om die vrystelling van Jacobs se splinternuwe boek te vier, plaas ons vandeesweek vier van ons gunsteling-aanhalings uit die boek op ons Facebookblad.

Vyf gelukkige lesers kan elk ’n kans staan om ’n fantastiese Jaco Jacobs-geskenkpak te wen! Om in aanmerking te kom vir dié wonderlike prys, besoek ons op Facebook en like die aanhalings uit ’n Goeie dag vir boomklim.

Loer na die uittreksels op Facebook:

 

Boekbesonderhede

Martin Steyn is Rooi Rose se skrywer van die maand – Wen een van vyf kopieë van Donker spoor

$
0
0

 
SkuldigDonker spoorMisdaadskrywer Martin Steyn is gekies as Rooi Rose se skrywer van die maand vir November!

Steyn het die nuus op Facebook aangekondig: “Ek het die eer om Rooi Rose se Skrywer van die Maand vir November te wees! Dankie, Ronel Nel.”

Die November-uitgawe van Rooi Rose se tema is “bloed” om aan te sluit by Steyn se opwindende misdaadverhale, Donker spoor en Skuldig. Ter viering van hierdie besonderse geleentheid, is daar natuurlik ook vyf eksemplare van Donker spoor op die spel.

Om in aanmerking te kom vir die prys, besoek Rooi Rose se webtuiste, vul in jou besonderhede en beantwoord vyf maklike vrae oor die November-uitgawe. Moenie vergeet om die onderhoud te lees om meer te leer oor dié merkwaardige skrywer nie!

 
Lees ook:

 

Boekbesonderhede


Elize Roodt deel haar jarelange ondervinding en passie vir piouter in Piouterkuns: Jou inspirasiegids

$
0
0

PiouterkunsPewter Art Piouterkuns: Jou inspirasiegids deur Elize Roodt is nou beskikbaar op LAPA se rakke:

Met hierdie boek deel Elize Roodt, van die Pewter Academy, haar jarelange ondervinding en passie vir piouter. Sy glo dat elke student iets nuuts kan bydra en probeer dus elke leser se individuele skeppingstalent ontsluit.

Piouterkuns fokus veral op die materiale, tegnieke en style wat algemeen gebruik word, maar bied ook ’n nuwe, bykomende tegniek, vergulding, wat ’n vars dimensie aan enige projek kan gee.

As bonus word groot Suid-Afrikaanse piouterkunstenaars gelys en hulle werke word vertoon vir inspirasie. Die doel van dié boek is dus om te inspireer, en geen voorafverpakte projekte word verskaf nie. Die leser kan die tegnieke en inspirasie na willekeur toepas om unieke skeppings die lig te laat sien.

Piouterkuns is ook beskikbaar in Engels as Pewter Art: Your Inspiration Guide.

Boekbesonderhede

Leer ken die skrywers van Die Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboek (Plus: Vier smullekker resepte)

$
0
0

Die Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboekSouth African Fish and Seafood CookbookIs jy mal oor seekos, maar skrikkerig vir al die fêncy voorbereidingsmetodes? Dan is Die Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboek deur Susina Jooste en Henk Stander net die boek vir jou!

Die Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboek het vanjaar by LAPA verskyn en is ook beskikbaar in Engels as South African Fish and Seafood Cookbook. Die skrywers het vroeër vanjaar hul boek tydens ‘n spoggeleentheid in Stellenbosch bekendgestel.

Jooste is die direkteur van The Private Hotel School in Stellenbosch en Stander is die Bestuurder van die Akwakultuureenheid by die Universiteit Stellenbosch. Saam het hulle ‘n kookboek geskep wat vir ewig die vrees uit die voorbereiding van vis sal haal.

Vrouekeur het met Jooste gesels oor haar dertigjaarlange loopbaan in die kosbedryf, waar haar belangstelling in seekos vandaan kom en die lekkerste seekosmaal wat sy nog geniet het. Jooste deel ook die kosreuk wat haar aan haar oupa en ouma laat dink, gunsteling kookboek en grootste kombuisflater.

Lees die artikel:

Waar kom jou belangstelling in seekos vandaan?

Ek dink dit gaan terug na my kinder-somervakansies aan die weskus van Namibië (toe nog Suidwes) en die galjoene/kabeljoue wat ons elke aand gebraai het. Ook, ek het ’n paar jaar gelede bewustelik gesonder begin eet, en ook meer sensitief geraak vir ’n volhoubare omgewing en voedselbronne. Toe Henk Stander (medeskrywer) my vyf jaar gelede genader het om saam met hom aan hierdie projek te werk, het my belangstelling verder toegeneem; en daarna was ek aan die hoek!

Kom jy gereeld mense teë wat te bang is om seekos te berei?

Ek dink “bang” is dalk nie heeltemal die regte woord nie, maar beslis “onseker”. Ek maak altyd ’n punt daarvan om te vertoef by die vars seekostoonbanke in supermarkte en hou mense dop wat koop en luister na die vrae wat hulle aan die persoon agter die toonbank vra: die meeste mense wil baie graag meer weet, maar is huiwerig om geld te bestee en is dan nie heeltemal seker oor hoe om dit voor te berei nie.

Stander het vyf jaar gelede die idee gekry om ‘n seekosboek te skryf en Jooste het dadelik ingestem om deel te wees van die projek. Engela Duvenage het by Stander gekuier om meer uit te vind oor sy aandeel in die boek, sy belangstelling in die ontwikkeling van akwakultuur in Suid-Afrika en sy gunsteling resep in Die Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboek.

Lees die artikel:

Jooste was grootliks verantwoordelik vir die keuse van resepte en die voorbereidingswenke. “Vis en seekos moet vars wees, en hoe minder jy karring aan goeie kwaliteit vis, hoe beter,” gee Jooste raad.

Stander weer het die leeueaandeel gehad in die skryf van ‘n afdeling oor die ontwikkeling van akwakultuur in Suid-Afrika, en hoe dit die volhoubare benutting van see- en varswaterbronne bevorder.

“My gunstelingresep is een waarin krap met kerrie en klapper voorberei word,” verklap Stander, wat onder meer ondervoorsitter is van die Wes-Kaapse Forelprodusentevereniging en dien op die bestuur van die Suider-Afrikaanse Akwakultuur Assosiasie.

* * * * * * * *

 
Wat is ‘n goeie kookboek sonder ‘n paar resepte? Landbou en Maroela Media het aanwysings vir heerlike disse gedeel uit Die Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboek.

Probeer die resep vir gesoute snoekpoffertjies:

Pataniscas, soos wat dit in Portugal bekend is, se oorsprong lê glo in dié land se Algarvestreek. Daar is verskeie variasies van hierdie gereg en dit kan na wense verander word, byvoorbeeld deur kabeljou pleks van gesoute snoek te gebruik.

- 250 g gesoute snoek
- 50 ml melk
- Vars uitgedrukte suurlemoensap
- 45 ml koekmeel

Probeer die resep vir gebraaide soet brandrissie-steurgarnale:

Jy benodig:

‘n Paar houtsosatiestokkies

Bestanddele

- 12 tiersteurgarnale, ontaar, maar behou die kop en stert
- sout en peper na smaak
- 50 ml soet brandrissiesous

Probeer die resep vir soesji:

Bestanddele

- 200 g soesji-reis
- 450 ml koue water
- 50 ml rysasyn50 ml versiersuiker
50 ml gepekelde gemmer, fyngekap

Probeer die resep vir risotto:

Bestanddele

- 25 g botter
- 25 ml olyfolie
- 1 groot ui, fyngekap
- 150 g Arborio-rys
- 60 ml droë witwyn
- 1 liter warm visaftreksel

Boekbesonderhede

Kom vier die bekendstelling van Immer wes deur Irma Joubert in Pretoria en Kaapstad

$
0
0

Immer wesLAPA Uitgewers nooi jou graag na die bekendstelling van Irma Joubert se jongste boek, Immer wes, by verskeie geleenthede in Pretoria en Kaapstad.

Die feesvieringe skop af met ‘n Woord en Wingerd-aand by Graffiti Lynnwood Bridge op Donderdag, 29 Oktober. Die geleentheid begin stiptelik om 18:00 vir 18:30, en teen R50 per persoon sal daar heerlike wyn en versnaperinge bedien word.

Op Saterdag, 31 Oktober sal Joubert verder gesels oor haar boek by Protea Boekwinkel Hatfield. Kom ontmoet die skrywer om 10:30 vir 11:00, en klink ‘n glas wyn (of ‘n koppie koffie) op Immer wes.

In November is dit die Kaap se beurt om Joubert te ontmoet by The Book Lounge. Die geleentheid sal plaasvind op Donderdag, 19 November en begin om 17:30 vir 18:00.

Immer wes is die eerste boek in Joubert se nuwe trilogie. Dié historiese roman speel af teen die agtergrond van die Tweede Wêreldoorlog, en al drie verhale het as kern die lyding van vroue en kinders.

Moenie die geleenthede misloop nie!

Lynnwood

Uitnodiging na die bekendstelling van Immer wes

 

 

Hatfield

Uitnodiging na die bekendstelling van Immer wes

 

 

Kaapstad

Uitnodiging na die bekendstelling van Immer wes

 

 

Boekbesonderhede

Wendy Maartens se Ek lees self-reeks: 6 nuwe boeke om die jongklomp se leeslus aan te wakker

$
0
0

Wendy Maartens se Ek lees self-reeks is nou beskikbaar op LAPA se rakke:

Ek lees self: skilpad leer vliegEk lees self: plaasmuis en stadsmuisEk lees self: haas en skilpad hardloop resiesEk lees self: wolf dra skaapsklereEk lees self: seekoei en olifant trek touEk lees self: jakkals en kraai en die stuk kaas

 

’n Liefde vir lees is een van die grootste geskenke wat jy jou kind kan gee!

Hierdie reeks is die perfekte wegspringplek vir beginnerlesers. Vind uit wat gebeur as Skilpad op ’n dag besluit hy wil vlieg, lag lekker vir Hasie se slim plan om Olifant en Seekoei te laat toutrek, en ontdek wat gebeur as Wolf op ’n dag skaap-klere aantrek.

Die Ek lees self-reeks bestaan uit ses pragtig geïllustreerde boeke, elkeen met ’n prettige dierestorie wat in eenvoudige taal oorvertel word sodat beginner-lesers dit maklik kan baasraak.

Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te wakker.

Oor die outeur

Wendy Maartens woon in Table View – ‘n Klipgooi van die groot blou dam, Rietvlei se strandmeer en die Weskus waar alles om die draai van die gety, vroegoggend se vangs en die stories van vroeër jare draai. Sy is ‘n kinderboekskrywer, joernalis, vertaler en dromer vandat sy kan onthou. Sy skilder graag, doen graveerwerk op klip, maak tuin en toets haar kinderstories op haar ganskinders Petunia en Lelieblom (hoewel hul sprokies verkies)!

Kyk gerus na haar webtuiste vir al haar boeke wat reeds verskyn het, asook die vertalings in verskillende inheemse tale en toekennings. Sy het ook `n passie vir essay skryf. Haar essays verskyn gereeld in die tydskrif Leef met hart en siel. Sy doen ook vryskutskryfwerk vir verskeie tydskrifte en uitgewers.

Boekbesonderhede

Brei saam met Vrouekeur: Ses nuwe boeke in Christa Swanepoel se topverkoper-reeks

$
0
0

Ses nuwe boeke in Christa Swanepoel se Brei saam met Vrouekeur-reeks is nou beskikbaar op LAPA se rakke:

Brei saam met Vrouekeur 15: MeisietruieBrei saam met Vrouekeur 16: SeunstruieBrei saam met Vrouekeur 17: VrouetruieBrei saam met Vrouekeur 18: Vir die huis
Brei saam met Vrouekeur 19: KinderkamerBrei saam met Vrouekeur 20: Komberse

 
Sedert Februarie 2013 het Christa Swanepoel se boeke 116 keer die Nielsen Topverkoperlys gehaal, dit is ’n gemiddeld van meer as twee boeke per week. Brei saam met Vrouekeur bied vir die breientoesias ’n reeks boeke met splinternuwe, mooi en praktiese patrone in elk. Die groot verskeidenheid interessante patroonsteke en die wenke gee jou boonop die geleentheid om nog meer artikels te brei, beslis ’n breibonanza vir die ywerige breier!

Nuut in die reeks: Brei saam met Vrouekeur 15: Meisietruie; Brei saam met Vrouekeur 16: Seunstruie; Brei saam met Vrouekeur 17: Vrouetruie; Brei saam met Vrouekeur 18: Vir die huis; Brei saam met Vrouekeur 19: Kinderkamer en Brei saam met Vrouekeur 20: Komberse.

Oor die outeur

Christa Swanepoel is Vrouekeur se hoof-subredakteur en gesondheidskrywer, ma van vier volwasse kinders en twee kleinkinders en woon in Pretoria. Met soveel ysters in die vuur span sy met hierdie boeke haar stokperdjie in, wat sy vir ontspanning beoefen, om ander te begeester om ook die breipenne op te neem en kreatief te raak.

Boekbesonderhede

Chanette Paul nou internasionaal met haar jongste spanningsroman, Offerlam (Plus: Video)

$
0
0
Chanette Paul

 
OfferlamChanette Paul se internasionale deurbraak het gebeur.

Sy vertrek eersdaags om die Nederlandse vertaling van Offerlam, wat in dieselfde maand as die Afrikaanse vertaling verskyn, in België te gaan bekendstel.

Offerlam speel in Suid-Afrika, die destydse Belgiese Kongo (nou die DRK) en in België af.

Verwerp deur haar man en skoonfamilie asook deur haar eie familie – juis toe sy hulle die nodigste gehad het – was dit vir Caz Colijn nie maklik om haar uitsonderlike dogter groot te kry nie.

Nou is Lilah egter ʼn suksesvolle internasionale model en kan Caz uiteindelik haar lewe lei soos sy wil – in afsondering op haar eie lappie Afrika in die Overberg. Hier het sy vir haar ’n skuiling teen die lewe geskep waar sy haar vertaalwerk kan doen en uitsien na Lilah se jaarlikse besoeke.

’n Oproep van haar vervreemde suster, Tieneke, keer Caz se rustige lewe eensklaps op sy kop. Josefien Colijn, die vrou wat Caz haar lewe lank as haar ma geken het, is op sterwe. As Caz wil weet wie haar biologiese ouers is, moet sy Gent toe kom voor Josefien sterf.

Hierdie oproep maak ’n tonnel na die verlede oop: na haar jeug onder Josefien se meedoënlose duim; na herinneringe aan haar kortstondige huwelik; na die nag waarop Lilah gebore is.

’n Inbraak beklink die saak. Caz gaan Gent toe. Deels om weg te kom van die misdaadmekka wat Suid-Afrika geword het, deels om uit te vind waarom sy deur haar biologiese moeder weggegee is en deels om Lilah te siene te kry.

Aanvanklik is Caz salig onbewus van die mense wat elke beweging wat sy maak, monitor. Geleidelik begin dit egter by haar insink: die twee Kongolese wat so gereeld oor haar pad kom, is dringend op soek na iets waarheen hulle glo sy hulle kan lei; en hulle stuit nie vir moord nie.

Die legkaartstukke van Caz se herkoms begin stadig in mekaar pas. Die waarheid het egter vele fasette, veral gesien deur die oë van ’n bejaarde vrou wat sukkel om hede en verlede uitmekaar te hou, en onthou en vergeet soos haar verkalkte are dit toelaat, of nie.

Intussen span die net wat die Kongolese oor Caz gooi, al stywer …

Die Nederlandse vertaling van Offerlam word ook op 10 November by die Antwerpse Boekebeurs bekendgestel en die stad Gent het Chanette genooi om die boek daar bekend te stel op 15 November 2015.

Offerlam is Paul se een en veertigste boek, maar verteenwoordig ’n nuwe begin vir haar oorsee.

Paul is steeds geliefd onder Suid-Afrikaanse lesers. Haar boeke haal verskeie kere finalisstatus vir pryse en sy word drie agtereenvolgende jare aangewys as die wenner van die Lekkerlit Boek van die Jaar-prys, naamlik in 2012 met Maanschijnbaai: Jo & Sue, 2013 Siende Blind en 2014 Ewebeeld. Ewebeeld wen ook in 2015 die ATKV-Woordveertjie in die liefdesromankategorie.
 

* * * * * * * *

 
Voorsmaak: Kyk na die Belgiese voorskou van Offerlam – “thriller van formaat”:

 

 
Maar wat kan die leser verwag?

Soos gewoonlik hanteer Chanette donker temas met soveel deernis dat ’n mens wil voortlees, al word jy as leser diep getref. Wilna Adriaanse sê by die eerste lees van die manuskrip aan Chanette: “Jy het nog nooit geskrik om moeilike, en selfs kontroversiële, temas aan te pak nie. Hierdie manuskrip is net weer ’n bewys daarvan.”

Offerlam is internasionaal in baie opsigte en gee die leser ’n interessante blik op die Belgiese kultuur, soos hulle liefde vir die dieprooi kriekbier, hulle huise, hulle leefwyse en hulle effens verwarrende, maar tog so stiptelike, vervoelstelsels. Tog weet ons die hele tyd dat ons hand aan hand loop met ’n Suid-Afrikaner.

Adriaanse het oor Offerlam gesê dit is ’n “uitsonderlike en gutsy verhaal. As dit die soort inspirasie is wat kriekbier gee, vertrek ek nog vanaand België toe.”

Op ’n ernstiger noot, sê Adriaanse Offerlam “slaag ook daarin om die verskillende karakters se stemme baie outentiek oor te dra: Die Europeërs met hulle effe gereserveerdheid; die Afrikane wat aan die een kant ’n Europese opvoeding het, maar steeds met ’n Afrikastem praat; Caz wat wissel tussen Afrikaans-Holland/Vlaams en Afrikaans, ’n mens kan werklik hoor hoe sy met die Europeërs ’n meer formele manier van praat het, maar haar gedagtes is puur Afrikaans en aards. Heerlik.”

Boekbesonderhede

“Wat is fiksie in elk geval?”– Frans van Rensburg gesels oor sy seldsame siekte en volgende roman

$
0
0

LammervangerFrans van Rensburg se debuutroman, Lammervanger, het in 2009 by LAPA verskyn en vertel die verhaal van Johannes van Staden, ‘n tienerseun wat sy bes probeer om armoede te oorkom. Van Rensburg is ook die skrywer van ‘n drama genaamd Tsotsi-Evangelie.

Cyril Blackburn het onlangs met die skrywer gesels oor die seldsame siekte waarmee hy die afgelope 10 maande worstel en sy geloof wat hom deur die donkerste tye gedra het.

Van Rensburg vertel dat hy beplan om sy nagmerrie in iets goeds te omskep deur ‘n roman daaroor te skryf.

Lees die artikel:

Die ervaring was nie net negatief nie. Ná die groot sukses van sy debuutroman Lammervanger het hy reeds begin beplan aan twee nuwe boeke. “Ek gaan die hele proses van my hospitalisering tot my diagnose in ’n roman omskep. Ek het reeds begin met navorsing daarvoor en is baie opgewonde,” sê hy.

Dié boek gaan nes sy ander boeke opreg en waar wees. Hy grinnik. “Want wat is fiksie in elk geval? Alles is op die ou end geskoei op die waarheid. My boeke bevat almal ’n groot mate van waarheid,” merk hy op. “Ek hou egter nie daarvan om vir mense te vertel hoeveel waarheid in ’n storie is nie. ’n Boek is soos ’n kunswerk – jy moet die leser toe te laat om daarvan te vat wat hy wil,” sê hy.

Boekbesonderhede


“Jy moet nooit ’n goeie storie bederf met feite nie”– Irma Joubert by die bekendstelling van Immer wes

$
0
0
Irma Joubert

 
Irma JoubertImmer wesIrma Joubert, geliefde skrywer, oudonderwyser en geskiedenisliefhebber, hóu daarvan om stories te vertel. Sy het die gaste en haar gespreksgenoot Ilse Salzwedel behoorlik aan haar lippe laat hang by die bekendstelling van haar jongste roman, Immer wes. Die geleentheid het verlede week en Donderdag by Graffiti Lynnwood Bridge in Pretoria plaasgevind.

Immer wes is die eerste boek in haar nuwe trilogie wat fokus op die lyding van vrouens in kinders in oorloë, ’n tema wat Joubert na aan die hart lê.

“Ek kan dit nie anders beskryf as magic nie,” het Salzwedel gesê. Immer wes is Joubert se agtste historiese roman, en sy het ook ’n kortverhaalbundel en twee Romanzas op haar kerfstok. Anders as haar vorige werk handel hierdie nuwe trilogie nie oor die lotgevalle van een familie nie; die stories strek oor verskillende lande en families wat deur oorloë geraak word. In die derde boek (wat nog nie geskryf is nie) kom al die karakters bymekaar, het Joubert beloof.

Immer wes begin in 1905. Hildegard is ’n dogtertjie uit die Oos-Pruisiese adel wat saam met haar familie van die Bolsjewiste af wegvlug en heenkome vind in Duitsland. Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog moet Hildegard weer vlug en uiteindelik bevind sy haarself in Namibië. Joubert het twee temas uit die boek belig: Hildegard se lewenslange vrees vir die Bolsjewiste, en die voortdurende vlugtog na die weste.

Ten spyte van die pyn en lyding wat Hildegard ondervind, is Immer wes nie net hartseer nie. Joubert het vertel dat sy die karakter Ester, Hildegard se dogter, geskep het om humor in te bring en die swaarheid van die oorlog teen te werk.

Ter illustrasie het die skrywer ’n uittreksel voorgelees waarin Ester se bekoorlike stem opklink:

 
Joubert het Hildegard se storie gehoor terwyl sy en haar seun Jan-Jan Joubert deur Duitsland getoer het. “Sodra iemand vir my ’n storie vertel, verloor ek sy draad en myne neem oor.” Joubert het na Duitsland en Nederland gereis om navorsing te doen vir haar boek, maar het ook gemaan: “Jy moet nooit ‘n goeie storie bederf met feite nie.”

Oor haar karakterskepping het Joubert vertel dat jy die karakter moet toelaat om jou as skrywer te lei, en nie anders om nie. Hildegard was aanvanklik ’n “poor little rich girl” wat “bietjie liefdeloos” grootgeword het, maar deur die storie verander haar stem van ’n dogtertjie na dié van ’n vrou. “Jy moet luister na jou karakters as jy hulle skryf. As jy hulle probeer dwing, moet hulle in opstand kom as hulle geloofwaardig wil wees.”

Die skrywer was ’n Afrikaans- en Geskiedenisonderwyser aan die Hoërskool Gelofte in Durban, en het eers nadat sy afgetree het begin skryf. Sy het nog ‘n stukkie uit Immer wes voorgelees, en ter afsluiting gesê: “Ek het nooit voorsien dat ek verder sou kom as my Huisgenoot-stories nie. Ek bly verstom.”

Luister na die potgooi:

 

* * * * * * * *

 
Annetjie van Wynegaard (@Annetjievw) het regstreeks vanaf die geleentheid met #livebooks getwiet:

 

 

* * * * * * * *

 
Facebook galery

 

 

Boekbesonderhede

Potgooi: Christien Neser gesels oor Elle se sewende avontuur in haar jongste boek, Middernagklub

$
0
0

MiddernagklubEsté Meyer Jansen het onlangs met Christien Neser gesels oor haar jongste jeugroman, Middernagklub.

Die sewende boek in Neser se Elle-reeks begin met die allerlaaste middernagfees. Elle en haar vriende is nou in graad elf en mik om die volgende jaar op die leerlingraad te wees. Hulle belowe om hul stoutighede af te sweer, maar moet darem eers nog een finale koshuisfees geniet.

Neser skryf Elle se gewildheid daaraan toe dat meisies haar as ‘n vriendin aanvaar, “soos ons as kinders vir Saartjie aanvaar het”, en vertel dat sy inspirasie put uit die jongmense in haar kring wat vir haar stories aandra.

Neser gesels ook oor die taalgebruik in haar reeks, wat sy graag skoon wil hou van kru taal, en die kreatiewe woorde waarmee die jongmense hulself uitdruk, soos byvoorbeeld Refilwe se voorliefde vir oudtydse Franse kragwoorde en Elle wat iets as “superhiepermegagoed” sal beskryf.

Luister na die potgooi:

Boekbesonderhede

Loop saam met Nan Steyn deur haar roostuin

$
0
0
Nan Steyn se roostuin

 
Nan Steyn se roostuinRoses: The Seasonal Guide to Growing Roses in South AfricaDit is nie nodig om vir Nan Steyn te vra wat die nommer is van die huis waar sy en haar man, Piet, bly nie. Jy kan maar net in hulle straat afstap – die roosskouspel kondig sigself aan.

Nan en Piet het ons genooi om saam met hulle die tuin en die heerlike koel stoep te beleef.

Nan is passievol oor rose. As gevolg van haar passie vir, en kennis van, rose word sy gereeld deur tuinbouverenigings en individue genader vir raad.

So het haar boek ontstaan. LAPA Uitgewers het besef dat daar min mense is wat so veel weet en so maklik hulle kennis deel as juis Nan.

Haar boek, Rose – die Suid-Afrikaanse groeigids vir al vier seisoene, is meer as ’n gids om rose te kweek. Dit kyk na alle aspekte van hoe ’n roos groei. Elke afdeling van roosverbouing word volledig bespreek, met maklike, praktiese raad en wenke.

Die boek is opsetlik toeganklik en gemaklik – soos Nan ook is.

Die gids is ook in Engels beskikbaar as Roses – the seasonal guide to growing roses in South Africa, ook deur LAPA Uitgewers uitgegee.

Nan Steyn is ’n lid van die Wes-Kaapse Roosvereniging en daarmee ook ’n lid van die Suid-Afrikaanse Roosvereniging (ROSA). Sy was in die verlede ook ’n lid van die American Rose Society (ARS).

Die fotoalbum getuig van Nan se bekwame hand. Blaai deur dit vir pragfoto’s van ‘n spogtuin:

Rose: Die Suid-Afrikaanse groeigids

 

Boekbesonderhede

 
Teks en foto’s deur Izak de Vries

Heruitgawe van Vita du Preez se historiese roman wat tydens die Boereoorlog afspeel: Skuiling van die hart

$
0
0

Skuiling van die hart‘n Heruitgawe van Skuiling van die hart deur die gewilde skrywer Vita du Preez verskyn eersdaags by LAPA:

Om ’n dobbeltafel verpand Martienne Malherbe se pa haar vir honderd pond aan ’n Duitswester wat haar aan ’n swakkelingboer, Herklaas Potgieter, verkwansel.

Op die plaas Donkerkrans word haar jong lewe ’n bitter beproewing terwyl Herklaas haar fisiek en emosioneel verrinneweer. Sy donker geheim trek Martienne al dieper in ’n put van wanhoop in. Haar vernedering word boonop groter wanneer Herklaas ’n Hanskakie word.

Terwyl sy Boerekrygers aan kos en rusplek help, leer sy Rudolf Antonissen ken. Onverskrokke en sterk, maar vol deernis vir ’n vrou, leer hy haar wat suiwer, volwasse liefde is en hoe ’n man met ’n vrou behoort te werk. Wanneer Martienne tot haar skok uitvind dat Rudolf die een is wat haar aan Herklaas verpand het, besluit sy om haar haar pad vorentoe alleen sal stap. Sy en die kind wat sy dra, sal nooit weer aan ’n verraderlike man se genade uitgelewer wees nie.

Maar wie se kind is dit? Herklaas of Rudolf s’n?

Wanneer die Kakies Donkerkrans in puin lê, beland Martienne in die konsentrasiekamp op Irene. Hier voer sy daagliks ’n oorlewingstryd terwyl die doodsengel op vroue en kinders toeslaan en die kampinwoners die wrede behandeling van die Engelse en die Hanskakies moet verduur.

Ondanks al die swaarkry wat sy beleef, weier Martienne om moed te verloor en glo dat die einde van die oorlog vir haar en haar babadogter ’n nuwe begin sal beteken. Sal sy haar bitterheid kan oorwin sodat sy saam met die man vir wie haar liefde nog so vurig brand oor kan begin?

Skuiling van die hart is ’n heruitgawe van ’n vroeër werk, wat weens Vita se gewildheid, nou weer verskyn.

Oor die skrywer

Vita du Preez se eerste romanse, As sterre blom, het in 1996 verskyn terwyl sy voltyds as argivaris by die WNNR gewerk het. Daarna het verskeie titels uit haar pen die lig gesien. Skuiling van die hart is ’n persoonlike gunsteling van haar, en is ’n historiese roman wat tydens die Boereoorlog afspeel. ’n Man vir Mia was ’n finalis vir die LAPA-liefdesverhaaltoekenning in 2005/2006.

Nadat sy in 2002 Kaap toe verhuis het, het sy vryskutvertaalwerk begin doen, wat later ’n heeltydse werk geword het. Sy het meer as sestig Mills & Boon en Harlequin Intrigue-titels vertaal. Ná tien jaar in die bedryf het sy besluit genoeg is oorgenoeg en weer voltyds op haar skryfwerk begin fokus. Sy was lus vir ’n nuwe uitdaging en het besluit om ’n ander genre – liefdesromans – aan te pak. Waar die son omdraai, haar eerste liefdesroman, het in 2014 verskyn. Tans skryf sy aan ’n reeks oor vier vroue waarvan die eerste twee, Solitaire en Woestynroos, reeds verskyn het.

Vita kry haar inspirasie uit die alledaagse, waar goeie en slegte goed met mense gebeur. Haar karakters is mense met wie moderne Afrikaanse vroue van alle ouderdomme kan identifiseer. Sy plaas hulle in realistiese situasies waar hulle met hedendaagse kwessies worstel wat alle vroue raak: verlies, egskeidings, swangerskappe, gesinsverhoudings, chauvinisme, uitdagings in die werkplek en natuurlik die liefde. Gelukkige eindes, nes standvastige verhoudings, kan ons almal beskore wees as ons ons lewensvreugde, balans en humorsin behou, glo sy.

Deesdae woon Vita saam met haar man Riaan du Plessis in die Strand en wanneer sy nie skryf nie, maak sy tuin, lees en kuier saam met vriende.

Boekbesonderhede

Hoe kan jy help? Skenk ’n Babalela aan kinders vir Kersfees

$
0
0

BabalelaKersfees is net om die draai – en wat is dan nou ’n beter geskenk as ’n liefde vir lees?

LAPA Uitgewers en die Vriende van Afrikaans wil graag seker maak dat elke kind vanjaar ’n boek het om te lees tydens die feesseisoen.

Met jou hulp sal die Vriende van Afrikaans eksemplare van Babalela deur Martie Preller aan soveel kinders as moontlik skenk. Die geskenkpakkie sluit in dié gewilde kinderboek, ’n Babala-speelding en ’n rugsak.

Hoe kan jy help?

Teen R120 kan jy een geskenkpak moontlik maak. Besoek LitNet se webwerf vir die bankbesonderhede, en lees meer oor die innoverende projek:

Hoekom Babalela?

Nie net is Babalela een van die suksesvolste kinderboeke ooit nie, dit is ook bewys dat die skenking van hierdie boek ’n verskil maak in kinders se lewens.

In Babalela, die eerste boek in die reeks, word die Babalela deur ’n groot man gevang en in ’n boks gedruk. Uiteindelik is die woede wat binne hierdie diertjie opbou so groot dat dit bulder: “Ek is ’n Babalela, los my uit!”

Boekbesonderhede

Viewing all 235 articles
Browse latest View live