Quantcast
Channel: LAPA Uitgewers
Viewing all 235 articles
Browse latest View live

Vat 5 met Karen Adendorff: Hekel bied verslawende terapie en kreatiewe uitdagings

$
0
0

Karen Adendorff weet Alles oor hekel – daarom het Books LIVE ‘n paar vrae aan haar gestel oor hierdie kuns wat steeds hoogmode is in ons land.

Alles oor hekel en sy waardige tweede boek, Alles oor hekel 2, is topverkopers onder die Afrikaanse gemeenskap op Takealot en is ook in Engels beskikbaar as Crochet Know How en Crochet Know How 2.

Lees die onderhoud:

Alles oor hekelCrochet Know HowAlles oor hekel 2Crochet Know How 2

 

* * * * * * * *

 
Vat 5 met Karen Adendorff
 

5 plekke om hekeltoerusting te koop

Basiese hekeltoerusting is oral by naaldwerkwinkels te koop en die algemene plaaslike wol, verskaf deur Saprotex, is ook vrylik in hierdie winkels beskikbaar. Sou jy verkies om suiwer katoen, wol of handgespinde wol aan te koop, is daar talle winkels wat dit aanlyn verkoop. Hierdie brei- en hekeldraad kom in die mooiste kleure en in ‘n wye verskeidenheid en word plaaslik vervaardig.

4 gunsteling projekte wat jy al aangepak het

Sjoe, dit is moeilik aangesien elke projek ‘n uitdaging bied, maar as ek ‘n paar kan uitsonder is dit:

- die fotosak (handsak met gehekelde blokke en foto’s) wat ek onlangs vir Idees tydskrif gedoen het

- ‘n feetjiepop wat ek vir my dogtertjie gemaak het uit een van haar storieboeke

- my shwe-shwe-dierekoppe vir kinderkamers

- my spiraalsjaal

3 plekke waar jy graag hekel

- in my bed

- wanneer ek in die middae in kar sit en wag vir my kinders (nie waar ek graag wil hekel nie, maar noodgedwonge moet)

- buite op stoep in die sonnetjie waar ek die berg kan sien, maar natuurlik met vakansies in die veld of by die see.

2 wenke vir mense wat ook graag wil begin hekel

- Begin met 3,5 mm pen en Elle Pure Cotton dubbelbreidraad – dit split nie en jy kan jou steke makliker sien. Moet nie met draad leer hekel wat oneweredig, bont of te fyn is nie. Dit gaan jou frustreer.

- Bemeester elke steek behoorlik en begin met maklike mooi projekte waar jy vertroue kan opbou. Raak gemaklik met die vashou van die pen en die draad en kies ‘n manier wat vir jou werk. Wat vir ander werk gaan nie noodwendig vir jou werk nie.

1 groot rede waarom jy van hierdie tipe projekte hou

Dit bied verslawende terapie en kreatiewe uitdagings.
 

* * * * * * * *

 
Lees ook:

Boekbesonderhede


Kom leer als oor die skryf van liefdesverhale by LAPA en die ATKV se Lenteskool 2015 op Potchefstroom

$
0
0

 
Is jy ‘n toekomstige Romanzaskrywer? Dan is die Lenteskool 2015 net die geleentheid vir jou!

Katerina se mojoOpdrag van oorkantEindelik liefdeEendagmooiHaar grootste geskenk

 
LAPA en die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit nooi jou graag na ‘n slypskool in die skryf van liefdesverhale.

Gesoute skrywers Kristel Loots en Alta Cloete sal hul wenke deel oor die skryf van romanses en liefdesromans. Franci Greyling en Bernard Odendaal van die ATKV-Skryfskool en LAPA se Marlies Haupt en Cliffordene Norton sal as gespreksleiers optree.

Die geleentheid vind plaas vanaf Donderdag, 3 September tot Saterdag, 5 September op die Potchefstroomkampus. Die kursus kos R2 750 en die bedrag sluit deelverblyf en etes in.

Om deel te neem aan die kursus, stuur ‘n kortverhaal van 1 500 woorde of die eerste hoofstuk van ‘n roman (sowat 3 000 woorde) aan Kobie van Aswegen voor Vrydag, 21 Augustus by Kobie.VanAswegen@nwu.ac.za.

Vir meer besonderhede, besoek die Romanzalesersblog of volg die Romanza-klub op Facebook of Twitter by @romanza_klub.

Moenie dit misloop nie!

Besonderhede

Boekbesonderhede

Kom vier Opdrag van oorkant deur Alta Cloete en Katerina se mojo deur Kristel Loots in Potchefstroom

$
0
0
Uitnodiging na die bekendstelling van Alta Cloete en Kristel Loots se boeke

 
Opdrag van oorkantKaterina se mojoATKV-Skryfskool en LAPA Uitgewers nooi jou vriendelik uit na die boekbekendstelling van twee spogpublikasies, Opdrag van oorkant deur Alta Cloete en Katerina se mojo deur Kristel Loots.

Die geleentheid vind plaas op Vrydag, 4 September in die Frans du Toit-gebou op die Potchefstroomkampus van NWU. Die bekendstelling vorm deel van die jaarlikse ATKV-Skryfskool wat vanaf Donderdag, 3 September tot Saterdag, 5 September plaasvind. Almal is welkom by Vrydag se boekgesprek.

Sien jou daar!

Besonderhede

  • Datum: Vrydag, 4 September 2015
  • Time: 18:30 vir 19:00
  • Plek: Noordwes-Universiteit
    Kamer G02 (Transnetlokaal), gebou E9 (Frans du Toit-gebou)
    Potchefstroomkampus
    Hoffmanstraat 11
    Potchefstroom | Padkaart
  • Sprekers: Alta Cloete en Kristel Loots
  • RSVP: Kobie van Aswegen, kobie.vanaswegen@nwu.ac.za, 018 299 1783

Boekbesonderhede

Romanzaliefhebbers: Lees ’n uittreksel uit Miljarde sterre deur Elise Keyter

$
0
0

Miljarde sterreMiljarde sterre is Elise Keyter se jongste liefdesroman.

‘n Swanger Marlie kom na drie maande huis toe, reg om met haar man Ian te versoen. Sy besef egter gou dat daar ’n kentering in hulle verhouding moet kom as sy weer in alle opsigte haar man se beminde wil wees, en maak daadkragtig werk daarvan.

Die Romanzalesersblog het ‘n heerlike uittreksel uit hierdie roerende liefdesverhaal gedeel. Lees die proestukkie om uit te vind hoe Ian gereageer het toe Marlie by die huis opdaag:

Marlie lek oor haar droë lippe. Sy is verskriklik dors, maar haar keel is toegetrek van spanning en sy wonder of sy enigiets in sy teenwoordigheid afgesluk sal kry.

“Dit sal lekker wees, dankie,” sê sy nogtans en klim die trappies uit.

Ian laat haar eerste by die oop voordeur inloop. Aan die een kant van die ingangsportaal lê die sitkamer met sy groot vensters en blik op die swembad. Marlie kom onwillekeurig tot stilstand en haar oë neem die toneel gretig in. Alles is nog presies soos sy dit gelaat het; asof sy nooit weg was nie. Selfs die blompot op die sytafeltjie wat sy ná baie oorweging op ’n vlooimark gekoop het, spog met vars blomme.

Boekbesonderhede

Potgooi: Kinderboekskrywer Wendy Maartens vertel meer oor haar pad met woorde

$
0
0

Beste Suid-Afrikaanse spookstoriesSiembamba: Immergroen rympies vir kindersVertel vir my ’n storie“As ek in my studeerkamer gaan sit en skrywe dan sien ek hulle gesiggies rondom my en ek hoor hul kommentaar op wat ek sê en doen.”

Só het bekroonde kinderboekskrywer Wendy Maartens onlangs in ‘n onderhoud met Ilse Salzwedel gesê in verwysing na die al jong kinders vir wie sy al skool gegee het. Sy was ongeveer 22 jaar in die onderwys waar sy meestal tyd met Gr 3′s in Cloetesville en Kayamandi spandeer het.

Tydens die Skrywers en Boeke-onderhoud vertel Maartens hoe ‘n klein dogtertjie se teenwoordigheid haar woorde vlerke gegee het, hoe sy by LAPA Uitgewers beland het en hoe sy te werk gaan om stories te skep. Sy deel ook meer oor haar jongste boeke, onder meer Siembamba: Immergroen rympies vir kinders en Vertel vir my ’n storie.

Die onderhoud begin om 30:20. Luister na die potgooi vir meer oor Maartens se pad met woorde:

Boekbesonderhede

Praktiese raad vir tuiniers in Rose: Die Suid-Afrikaanse groeigids vir al vier seisoene deur Nan Steyn

$
0
0

Rose: Die Suid-Afrikaanse groeigids vir al vier seisoeneRoses: The Seasonal Guide to Growing Roses in South AfricaRose: Die Suid-Afrikaanse groeigids vir al vier seisoene deur Nan Steyn is nou beskikbaar op LAPA se rakke:

In Rose: Die Suid-Afrikaanse groeigids vir al vier seisoene word elke afdeling van roosverbouing volledig bespreek, met maklike, praktiese raad en wenke asook die moontlike slaggate. Die boek se toeganklike skryfstyl maak dit ’n ideale boek vir beginners, maar dit is veral toegespits op die gewone tuinier wat dalk net ’n paar, of vir die eerste keer, rose wil plant.

Die klem van die boek word geplaas op die bewaring van die omgewing en gesonde organiese verbouingspraktyke met ander woorde neem eers die natuur in ag voordat daar besluit word op sekere werkswyses.

Rose: Die Suid-Afrikaanse groeigids vir al vier seisoene is ook in Engels beskikbaar as Roses: The Seasonal Guide to Growing Roses in South Africa.

Oor die outeur

Nan Steyn is lid van die Wes-Kaapse Roosvereniging en daarmee ook lid van die Suid-Afrikaanse Roosvereniging (ROSA). Sy was in die verlede ook ’n lid van die American Rose Society (ARS).

Nan is die laaste 20 jaar intensief besig met roosverbouing en deur rose te bestudeer, die bywoning van rooskonferensies en uit jarelange ondervinding het sy ongelooflike kennis opgebou oor rose en hulle behoeftes.

Gedurende die laaste paar jaar was sy betrokke by die aanplant, algemene versorging, voeding en snoei van ’n gastehuis se plukrose in Swellendam, haar tuisdorp. As gevolg van haar passie vir en kennis oor rose word sy gereeld deur tuinbouverenigings en individue genader vir raad oor rose.

Boekbesonderhede

Vat 5 met Karen Adendorff: Hekel bied verslawende terapie en kreatiewe uitdagings

$
0
0

Karen Adendorff weet Alles oor hekel – daarom het Books LIVE ‘n paar vrae aan haar gestel oor hierdie kuns wat steeds hoogmode is in ons land.

Alles oor hekel en sy waardige tweede boek, Alles oor hekel 2, is topverkopers onder die Afrikaanse gemeenskap op Takealot en is ook in Engels beskikbaar as Crochet Know How en Crochet Know How 2.

Lees die onderhoud:

Alles oor hekelCrochet Know HowAlles oor hekel 2Crochet Know How 2

 

* * * * * * * *

 
Vat 5 met Karen Adendorff
 

5 plekke om hekeltoerusting te koop

Basiese hekeltoerusting is oral by naaldwerkwinkels te koop en die algemene plaaslike wol, verskaf deur Saprotex, is ook vrylik in hierdie winkels beskikbaar. Sou jy verkies om suiwer katoen, wol of handgespinde wol aan te koop, is daar talle winkels wat dit aanlyn verkoop. Hierdie brei- en hekeldraad kom in die mooiste kleure en in ‘n wye verskeidenheid en word plaaslik vervaardig.

4 gunsteling projekte wat jy al aangepak het

Sjoe, dit is moeilik aangesien elke projek ‘n uitdaging bied, maar as ek ‘n paar kan uitsonder is dit:

- die fotosak (handsak met gehekelde blokke en foto’s) wat ek onlangs vir Idees tydskrif gedoen het

- ‘n feetjiepop wat ek vir my dogtertjie gemaak het uit een van haar storieboeke

- my shwe-shwe-dierekoppe vir kinderkamers

- my spiraalsjaal

3 plekke waar jy graag hekel

- in my bed

- wanneer ek in die middae in kar sit en wag vir my kinders (nie waar ek graag wil hekel nie, maar noodgedwonge moet)

- buite op stoep in die sonnetjie waar ek die berg kan sien, maar natuurlik met vakansies in die veld of by die see.

2 wenke vir mense wat ook graag wil begin hekel

- Begin met 3,5 mm pen en Elle Pure Cotton dubbelbreidraad – dit split nie en jy kan jou steke makliker sien. Moet nie met draad leer hekel wat oneweredig, bont of te fyn is nie. Dit gaan jou frustreer.

- Bemeester elke steek behoorlik en begin met maklike mooi projekte waar jy vertroue kan opbou. Raak gemaklik met die vashou van die pen en die draad en kies ‘n manier wat vir jou werk. Wat vir ander werk gaan nie noodwendig vir jou werk nie.

1 groot rede waarom jy van hierdie tipe projekte hou

Dit bied verslawende terapie en kreatiewe uitdagings.
 

* * * * * * * *

 
Lees ook:

Boekbesonderhede

Al die heerlike, gesonde dinge wat ’n baba kan eet in Koningskos vir kinders deur Helen Schöer

$
0
0

Koningskos vir kindersKoningskos vir kinders deur Helen Schöer is nou beskikbaar op LAPA se rakke:

Talle ouers het al heerlik gelag vir die gesigte wat hulle kinders trek as die kabouter die heel eerste keer aan vaste kos blootgestel word, maar min van ons besef dat daardie kosbare baba se eerste happie babakos die begin is van ’n noodsaaklike, lewenslange verhouding met voedsel.

Hierdie boek sal elke ma help om die kanse te verbeter dat dit ’n gesonde, genotvolle verhouding moet wees. Dink aan daardie eerste, gladde purees, tot sagte kossies met effens meer tekstuur, die heerlike vat-vat-vingerkos en later daardie peutervriendelike disse waaraan die hele gesin kan smul.

Moenie bloot gaan kitskos koop nie! Hierdie boek se voedingsriglyne en maklike resepte sal alle ma’s en pa’s help om self voedsame koningskos voor te berei. Laat daardie liefling van jongs af leer: Die geure, smake, kleure en teksture uit Ma of Pa se kombuis is mos die ware koningskos!

Baba’s en hulle behoeftes verander verrassend vinnig, daarom lyk die boek se hoofstukindeling só: Eerste kos; 6 maande; 9 maande; Vingerkos en Peutervriendelik.

Koningskos vir kinders bied hulp aan almal om voedingswaardes te verstaan, dit verskaf talle wenke en heelwat moets en moenies waaraan die meeste van ons nie sou dink nie, maar die klem val beslis op al die heerlike, gesonde dinge wat ’n baba kán en behoort te eet, in plaas daarvan om te hamer op lyste vol goed wat nie geskik is nie.

Boonop sal die 110 watertandresepte, plus volkleurfoto’s, die ma’s en pa’s inspireer om vir hulleself én vir hulle kinders te leer: Kook liewer self, dis makliker, gesonder en lekkerder om self heilsame kos te maak as wat baie mense besef.

Oor die outeur

Helen Schöer is al vir meer as agt jaar lank die redakteur van Baba & Kleuter, Suid-Afrika se Afrikaanse ouerskaptydskrif wat alles dek van swangerskap tot graad 0. Met ’n honneursgraad in joernalistiek van die Universiteit Stellenbosch in haar sak, het Helen haar loopbaan by die koerante begin. Met die koms van haar kinders – Sophia is nou 12 en Emily 9 – was Helen bly om die harde nuus te verruil vir leefstyljoernalistiek. Sy is passievol oor gesondheid en voeding, en lees resepteboeke soos ander mense fiksie lees. Helen se ander stokperdjies is joga en voetslaan.

Boekbesonderhede


Vat vyf met Jaco Jacobs: “Die pad na ’n leser se hart loop dikwels deur sy lagspiere”

$
0
0
Jaco Jacobs

 
As jy aan Afrikaanse kinderboeke dink duik daar een naam op, voor jy nog kans kry om tot verhaal te kom: Jaco Jacobs.

Met meer as ‘n honderd boeke uit sy pen, party onder die skuilname Lise Roux en Tania Brink, spog Jacobs met talle toekennings en duisende jong (en ou) bewonderaars regoor die land.

Books LIVE het vyf vrae aan dié skrywer gestel om hom beter te leer ken. Vat vyf minute en lees die artikel:

Moenie die knoppie druk nieOp die punt van my tong: 80 lawwe tongknopersProfessor Fungus en die jelliemonsters van MarsSuurlemoen!Duskant die doodlyn
Wian Verwey het ’n crush op myMy boetie dink hy is Batman en ander rympiesStalmaats 16: WegholritZackie Mostert en die meisie-molesHolderstebolder

 

* * * * * * * *

 
Vat vyf met Jaco Jacobs

5 boeke wat altyd op jou boekrak sal staan

  • Triomf – Marlene van Niekerk
  • IT – Stephen King

 
4 dinge wat jy al by jong lesers geleer het

  • Hulle sê die pad na ’n man se hart loop deur sy maag; maar ek het geleer die pad na ’n leser se hart loop dikwels deur sy lagspiere. Moet nooit ooit die waarde van humor onderskat nie. Selfs al onthou ’n leser niks van ’n storie nie, is die kans goed dat hy die gevoel sal onthou as ’n boek hom kon laat glimlag terwyl hy dit gelees het.
  • As jy as skrywer glo dis oukei om drie paragrawe in ’n ry aan die beskrywing van die berge of ’n karakter se rok te wy, is dit ’n goeie idee om eerder vir volwassenes te skryf. Volwassenes het reeds gelate slagoffers van die toustaan-mentaliteit geword; hulle is oukei daarmee om bladsye lank verveel te word. Kinders? Nie regtig nie.
  • As jy verwag om ’n “Liewe Maatjie”-houding in te neem wanneer jy met kinders praat of vir hulle skryf, gaan jy jou moses teëkom. Die vinnigste manier om ’n kind belangstelling te laat verloor, is om af te praat na hom/haar.
  • Moenie bang wees om oor die generasiegaping te spring nie. ’n Tandeborsel wat per ongeluk (of aspris) in die toilet beland, sal altyd snaaks bly. ’n Krapgeluid onder jou bed sal altyd grillerig bly. Maak nie saak in watter era jy ’n kind is nie.

 
3 mense wat skryf die moeite werd maak

  • Miemie du Plessis wat al vyftien jaar lank my uitgewer is. Ná meer as honderd boeke waarmee ons saam gewoeker en geworstel het, bly dit steeds opwindend om saam met haar te werk, want sy verstaan die mark ontsettend goed, en sy het verskriklik baie respek vir kinderlesers. Sy is die eerste leser van al my kinder- en jeugboeke, en haar instink is ongelooflik trefseker.
  • My twee meisiekinders, Mia en Emma. Soms voel dit of alles wat ek nog ooit geskryf het, op ’n manier vir hulle bedoel was. Dis fantasties om weer die avontuur van grootword deur hulle oë te beleef, om nuwe boeke saam met hulle te ontdek, om vir hulle rympies te leer – hulle herinner my weer aan die intensiteit van kindwees; hoe helder en dramaties jy alles beleef.

 
2 leuens wat skrywers glo

  • Kinderboeke is makliker om te skryf as boeke vir volwassenes. (Dis vir my makliker, ja, maar dis waarskynlik net omdat my kop op hierdie manier bedraad is. Op die ou end moet ’n skrywer egter deur dieselfde kreatiewe proses stoei om by die eindresultaat uit te kom – maak nie saak vir watter mark jy skryf nie.)
  • Kinderboeke is ’n vinnige manier om geld uit jou skryfwerk te verdien. (Ek doen dit al vyftien jaar. Ek het steeds my day job en geen vakansiehuis by die see nie. Doen maar self die sommetjie.)

 
1 gesegde oor skryf wat jou altyd bybly

  • “Jy moet vir kinders skryf op dieselfde manier as wat jy vir grootmense skryf, net beter.” – Maxim Gorky

 

Boekbesonderhede

Wie se skuld is dit dat die jeug van vandag grade in plaas van kennis verwerf? – Sophia Kapp

$
0
0

Sophia Kapp het onlangs ‘n rubriek geskryf vir die Virtuele Instituut vir Afrikaans (Viva) oor die gebrek aan kennis onder die jeug van vandag.

Die tuiskomsWaar die hart isDie verhuisingDie erflatingDriehoekDie tuiskomsDie ooreenkoms

 
Die bekende liefdesverhaalskrywer en dosent in Vertaal- en Tolkstudie by die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit vertel ‘n staaltjie van haar vriendin se tienerdogter wat gedink het Julius Ceasar is ‘n onderwyser se naam, en sê sy ondervind dieselfde onkunde onder die studente wat sy elke dag in haar beroep teëkom.

“Hulle is nie nuuslesers nie. Hulle is ook nie nuuskierig nie,” skryf Kapp, en vra ten slotte: Wie se skuld is dit dat hulle grade in plaas van kennis verwerf?

Lees die artikel:

Die arme kind is helaas nie die enigste wat kaal in die strate ronddwaal nie. Ek het my verwonder aan my studente, die room van die oes, se gebrek aan kennis wanneer hulle vertaaloefeninge moes doen. Hulle weet alles van Kim Kardashian se katelkaskenades, maar hulle weet nie dat daar gister ʼn paar duisend mense iewers in ʼn geweldgeteisterde uithoek van die aarde uitgewis is nie. Hulle verstaan nie die omvang van tragedie of die impak daarvan op die mensdom nie. Hulle kan nie onthou dat die sluipmoord op ʼn onbekende Russiese aartshertog in ʼn strategies onbelangrike landjie die hele wêreld oornag in die hel gedompel het nie.

Die ergste van alles is dat hulle nie omgee dat hulle nie weet nie.

Boekbesonderhede

Ses nuwe resepteboeke in die Lekker en Vinnig-reeks wat gou familiegunstelinge sal word

$
0
0

Van worsresepte tot biltonggeregte – ses nuwe boekies in die Lekker en Vinnig-reeks is nou beskikbaar op LAPA se rakke:

Lekker en vinnig: KoekeLekker en vinnig: WorsgeregteLekker en vinnig: BeskuitLekker en vinnig: BiltonggeregteLekker en vinnig: Blikkies en pakkiesLekker en vinnig: Kerries

 
Op soek na inspirasie vir heerlike gesinskos wat iets nuuts en anders is? Die reeks Lekker en Vinnig is net die antwoord … 20 smaaklike resepte per tema/titel met bestanddele wat reeds in die koskas is of geredelik beskikbaar is by die meeste supermarkte. Ontdek nuwerwetse kombinasies en interessante smake wat gou familiegunstelinge sal word.

Hierdie reeks is ook in Engels beskikbaar as Quick and Tasty: Rusks, Quick and Tasty: Biltong Dishes, Quick and tasty: Pantry Foods, Quick and Tasty: Curries, Quick and Tasty 5: Cakes en Quick and Tasty: Sausage Recipes.

Boekbesonderhede

Kom gesels saam met Chanette Paul, Alta Cloete, Kristel Loots en Elsa Winckler in Bellville

$
0
0
Uitnodiging: Kom gesels saam

 

EwebeeldOpdrag van oorkantKaterina se mojoLiefde sonder voorbehoud

 
LAPA Uitgewers nooi jou graag om in September met vier van ons beste skrywers te kom gesels.

Chanette Paul, Alta Cloete, Kristel Loots en Elsa Winckler sal op Donderdag, 10 September by die Bellville-biblioteek byeen kom om meer te vertel oor hul boeke en skrywerslewens.

Hoe het Paul dit reggekry om met Ewebeeld die Lekkerlitprys vir die derde keer in ‘n ry los te slaan? Hoe lank het Cloete gewerk aan aan jongste roman, Opdrag van oorkant? Wat is Loots se geheim om met soveel humor te skryf in Katerina se mojo? Hoe voel Elsa Winckler oor Liefde sonder voorbehoud se benoeming vir die 2015 ATKV-Woordveertjies?

Die gesprek begin om 17:30 vir 18:00 en jy is welkom om al jou vrae aan die skrywers te kom stel.

Moenie dit misloop nie!

Besonderhede

 

Boekbesonderhede

Lojaliteit het drastiese nagevolge in Peet Venter se jongste spanningsroman, Lem

$
0
0

LemPeet Venter se jongste spanningsroman, Lem, verskyn vandeesmaand by LAPA:

Hy is hardegat, bots met gesag en word uit die weermag ontslaan. Dan word hy ’n huursoldaat, raak betrokke by ’n staatsgreep wat skeefloop en beland in die tronk, maar hy het sensitiewe inligting weggesteek en dit kan baie ongemaklik wees vir die manne wat hom uitgelewer het.

Lemmer Bosman is ’n interessante karakter, want hy wil lojaal wees in ’n industrie waar mense hulle siele verkoop vir geld.

Lem is spannend, baie spannend.

Venter het nou eers vir Thys Krige eenkant toe geskryf, maar Lemmer Bosman is ’n ewe sterk protagonis.

Oor die outeur

Peet Venter se eerste roman, Die Alleenlopers, is in 1979 gepubliseer deur Nasionale Pers. Daarop volg ‘n verdere nege werke, meestal speurrillers, maar ook geskiedkundige verhale, asook ‘n aantal kortverhale in verskeie bundels, almal gepubliseer deur JP van der Walt / LAPA Uitgewers. ‘n Verskeidenheid kort- en vervolgverhale verskyn ook in Keur. Venter is aan ‘n raadgewende ingenieursfirma in Pretoria verbonde. Hy woon op sy plaas in die Dinokeng-bewaria.

Boekbesonderhede

“Yesterday’s Victims are Today’s Criminals”: Carla van der Spuy Sums up Her Book Blood on Her Hands

$
0
0

Blood on Her HandsCarla van der Spuy spoke to SABC Digital News about her new book, Blood on Her Hands: Women Behind Bars.

In 2013, South Africa’s rate of female homicides was five times higher than that of the global rate. Van der Spuy visited four different women during her research, speaking to women who had committed murder as well as those sharing cells with women found guilty of murder.

The author says: “If I could sum up the book in a nutshell, I would say ‘yesterday’s victims are today’s criminals’.”

Watch the video:

Click here to view the embedded video.

Book details

’n Laaste middernagfees skop Elle se nuwe avonture af in Middernagklub deur Christien Neser

$
0
0

MiddernagklubChristien Neser se nuwe jeugroman, Middernagklub, is eersdaags beskikbaar op LAPA se rakke:

Witbaadjies.

Dít is hoe die prefekte by Gravitas bekend staan. En al het Elle en haar kamermaat, Refi, mekaar male sonder tal belowe dat hulle ’n veer voel om prefekte te word, het alles die laaste paar weke verander.

Om nié op die Lys van Dertig te kom nie, is nou vir elkeen ’n verskrikking. Dis soos om ’n rooi “L” op jou voorkop te laat tatoeëer. Van uitslip en reëls breek is daar die volgende maand geen sprake nie. Die volgende paar weke gaan Elle se lewe bestaan uit skoolwerk, orkes oefen en netjies in haar spore trap. Één misstap, één detensie of één simpel grappie kan die einde van jou drome beteken.

Daarom hou Elle en haar pelle plegtig hulle laaste middernagfees.

Maar waar Elle in die omtrek is, loop dinge gereeld skeef. En toe die Middernagklub op heterdaad betrap word, is dit die begin van nog ’n Gravitas-avontuur …

Neser se reeks tienerboeke oor die wel en wee van Elle Kroon is baie gewild, met selfs volwasse lesers wat nie kan wag om elke nuwe Elle-avontuur te verslind nie. Die sesde boek in die reeks beloof om net so skreeusnaaks, aweregse en romanties soos sy voorgangers te wees.

Oor die outeur

Christien Neser het grootgeword op Bloemfontein en Pretoria. Sy woon tans saam met haar man in Sandton. Sy het ’n pro bono spraakterapie-praktyk en hou haar ook besig met toetsing, voorligting en terapie by ’n plaaslike parallelmedium laerskool. Christien is baie lief vir haar drie kinders, honde en leer al 30 jaar lank Frans. Vorige boeke uit Neser se pen sluit in Franse vlegsel, Kondensmelk, Blou sjokolade, Rocksusters en Duinebesies.

Boekbesonderhede


Lees ’n uittreksel uit Skuldig, en loer na Martin Steyn se foto’s van die Durbanville-Winterfees

$
0
0

SkuldigDonker spoorSkuldig deur Martin Steyn het vanjaar op LAPA se rakke verskyn, en volg na sy skitterende debuutroman, Donker spoor.

In Skuldig word ‘n middeljarige tandarts tereggestel in sy sitkamer en Adjudant Colin Menck probeer uitpluis hoekom die woord SKULDIG in bloed teen die muur geskryf is.

Steyn het ‘n uittreksel uit Skuldig op sy webblad gedeel waarin Menck op die grusame toneel afkom.

Lees die uittreksel:

Die man lê op sy maag, sy bene effens gebuig, sy kop na links gedraai. Sy linkerarm lê oor sy kruis, sy regterarm langs sy sy. Hy het ’n ligbruin broek aan, donkerder bruin leerskoene en ’n blou hemp. Sy hare is donker, met meer grys as in sy netjiese baard. Die gat in sy voorkop is meer na links, klein en netjies. Rooi strepe loop af tot in die bloedpoel wat in die mat se vesels dik en taai geword het. Sy linkeroog is halfoop, die ander een is verberg in die bloed. Die lug ruik soos koper, en iets chemies—serebrospinale vog.

Adjudant Colin Menck kyk in die rondte. Dis ’n gesinskamer. Donkerbruin leerbanke, redelike groot televisieskerm, DStv-dekodeerder en tuisteaterstel, ingeboude kaggel met ’n reghoek teëls daarvoor, Car Magazine op die koffietafel. Daar is geen teken van ’n struweling nie. Selfs die tydskrif is netjies op die tafel gesit, by die hoek, ewe ver van die twee rande af. Daar is ook geen teken van gedwonge toegang nie. Die enigste bewys van geweld is die liggaam op die mat.

En die bloed.

Menck kyk weer na die man se oop oog. Hoekom het hy nie baklei nie?

“Doppie is nie hier nie.” Die toneeldeskundige van die Plaaslike Kriminele Rekordsentrum staan van sy knieë af op. Hy het ’n blou papieragtige oorpak aan, ligblou papiersokkies oor sy skoene en donkerder blou latekshandskoene. “Rewolwer?”

 
Steyn het vanjaar by die Durbanville-Winterfees meer vertel oor Donker spoor en Skuldig en hoe hy sy navorsing aanpak. Hy het gesels oor polisieprosedure, korrekte kleredrag en hoe om bewysstukke op ‘n misdaadtoneel te verseël. Steyn het ook ‘n storie met die gehoor gedeel wat hy in potlood geskryf het toe hy 17 was.

Loer na Steyn se foto’s:

 

 
Lees ook:

 

Boekbesonderhede

Fanie Viljoen se nuwe webblad bied alles en meer oor die veelbekroonde skrywer

$
0
0

 

Bravo, LuluProoiPlonsUitPleisters vir die dooiesNova: Eindspel

 
Fanie Viljoen se webblad het ‘n gedaantewisselling ondergaan en dit lyk wonderlik!

Die nuwe moderne, interaktiewe internettuiste vir Viljoen se boeke bied skakels na al sy platforms op sosiale media, inligting oor al sy boeke en natuurlik inligting oor die skrywer self:

Fanie Viljoen is ’n voltydse skrywer, skilder en illustreerder van Bloemfontein.

Sy werk is bekroon met verskeie toekennings soos die Goue Sanlam-prys vir jeuglektuur, M.E.R-prys vir jeuglektuur, M.E.R.-prys vir geïllustreerde kinderboeke, naaswenner in die Lapa-jeugromankompetisie en talle ATKV-kinderboektoekennings.

Viljoen skryf veral kinder- en jeugboeke omdat daar nie grense is aan kinders se verbeelding nie. Hy woon in Bloemfontein en skilder en skryf voltyds.

 

Boekbesonderhede

Die Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboek deur Susina Jooste en Henk Stander bekendgestel op Stellenbosch

$
0
0

South African Fish and Seafood CookbookDie Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboekDie Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboek deur Susina Jooste en Henk Stander, in Engels beskikbaar as South African Fish and Seafood Cookbook, is onlangs by The Private Hotel School in Stellenbosch bekendgestel. Studente van hierdie skool – waar Jooste direkteur is – het resepte uit die boek voorberei en gaste het heerlik gesmul.

Naomi Bruwer en Naomi Meyer was by die bekendstelling en het op LitNet verslag gelewer oor die geleentheid. Bruwer het pragtige foto’s geneem van almal wat betrokke is by die boek en die heerlike happies wat bedien is, terwyl Meyer ‘n onderhoud met Jooste en Stander gedoen het.

Lees Meyer se artikel vir Jooste se grootste geheime in die voorbereiding van visgeregte, die foute wat mense maak as hul met vis werk en haar gunstelingresep as dit kom by vis of seekos. Vind ook uit wat Stander in sy hoedanigheid as hoofbestuurder by die Afdeling Akwakultuur by die Universiteit Stellenbosch doen, waar sy liefde vir kosmaak vandaan kom en sy wenke vir vissermanne as dit kom by die voorbereiding van vis.

Wil jy dalk vertel wat is foute wat mense maak as hulle met vis werk, of enigiets wat kan skeefloop – vanaf die aankope, tot by die skoonmaak en voorbereiding?

* Die meeste mense maak vis oorgaar. Vis wat te lank aan hitte blootgestel word, of wat aan te hoë hitte blootgestel word, word taai en droog. Vergelyk die optimale gaarmaaktyd met die tyd wat nodig is vir eierwit om te stol: visproteïene moet letterlik net stol.

* ‘n Betroubare verskaffer! Jy moet weet presies hoe die vis hanteer is vandat dit uit die water gekom het totdat jy dit koop.

 
Loer na hierdie artikel vir Bruwer se foto’s van die geleentheid:


 

 

Izak de Vries het ook foto’s geneem tydens die bekendstelling. Loer na die album op Facebook:


 

Boekbesonderhede

“Genetika fassineer my”: Madelein Rust gesels oor Monstersaad en die biologiese oorsprong van boosheid

$
0
0

 
MonstersaadMadelein Rust se jongste spanningsroman, Monstersaad, het vanjaar by LAPA verskyn en vertel die verhaal van ‘n forensiese sielkundige, Renata Malan, wat op die spoor van ‘n gewetenlose reeksmoordenaar beland.

Terselftertyd het Renata ook haar eie spoke wat sy moet trotseer. Beide haar pa en oupa was moordenaars, en Renata sukkel om haar herkoms en haar traumatiese jare in ‘n kinderhuis te verwerk.

Books LIVE het met Rust gesels oor die inspirasie vir Monstersaad, haar skryfproses, die skepping van geloofwaardige karakters en die sielkundige boustene waarop die verhaal rus.

Lees die onderhoud:

 

* * * * * * * *

 

Sonder om iets weg te gee, waarna verwys die titel van jou jongste roman – Monstersaad?

Die titel verwys na die biologiese oorsprong van boosheid. Die boek verken die debat oor die genetiese oorsprong van sosiopatie (al dan nie) teen die agtergrond van ’n speurverhaal. Die hoofkarakter, Renata Malan, is die dogter van ’n moordenaar en daar is ander moordenaars in haar stamboom. Sy verdien haar daaglikse brood deur moordenaars aan te keer en as forensiese sielkundige voel sy dat sy toegerus is met beide die boekkennis en die instinkte van ’n moordenaar. Dit maak haar suksesvol in haar werk, maar beteken dit ook dat sy inherent boos is? Haar lewe word gekenmerk deur ’n stryd teen die donkerte wat in haar is en dit is ’n onderliggende tema in die boek.

Waar het die idee vir Monstersaad vandaan gekom?

Die idee het ontstaan toe ek navorsing gedoen het oor tweelingstudies wat uitgevoer is rondom die hipotese dat sosiopatie wel geneties is. Genetika fassineer my. Dit het my laat wonder oor hoe die kind van ’n reeksmoordenaar moet voel oor sy of haar ouer se dade. Is daar skuldgevoelens? Is daar vrees dat die donkerte ook in hulle is? Ek het besluit om dit te verken teen die agtergrond van ’n moord wat effens lomp vermom is as ’n selfmoord om ’n ekstra spanningslyn by te voeg. Die storielyn van die slagoffer, Melissa Verhoef, is een van daardie wat hom so half op ’n skinkbord vir jou aanbied. Dit was net daar.

Monstersaad en jou debuutroman, Die 13de kaart, is albei spanningsverhale. Waarom skryf jy in hierdie genre?

Ek dink die genre het my uitgekies. As tiener moes ek vir die klein kindertjies in die buurt spookstories vertel – op hulle versoek. Dit was elke Vrydagmiddag se ding. My slaapkamer was vol kinders wat met groot oë gesit en luister het na die jongste gruverhaal wat ek net daar gesit en uitdink het. Dit was vir my tog te lekker om hulle reaksie te sien. Tieners is mos maar soms aaklig. Van my kortverhale was al in ander genres, maar ek geniet spanningsverhale omdat ’n mens so noukeurig moet wees en omdat daar soveel navorsing ingaan voordat jy kan begin skryf. Leunstoelspeurders is slim mense.

Wanneer, en hoe, het jy tot die besef gekom dat jy wil skryf?

Ek skat dit was terwyl ek my eerste opstel as skoolkind geskryf het. Dit het so wonderlik “reg” gevoel. Die woorde het net gevloei. Vandat ek kan onthou het ek storietjies geskryf vir my eie plesier, so daar was by my nooit enige twyfel dat skryf ’n integrale deel van my lewe sou bly nie.

Monstersaad se hoofkarakter – Renata Malan – is ’n forensiese sielkundige en daar is teorieë in die boek oor onder meer hoe genetika jou noodlot beïnvloed. Hoe het jy navorsing hieroor gedoen?

Ek het gelees en gelees en gelees. Maande lank. Wetenskaplike verhandelings oor tweelingstudies, artikels op die internet, vakliteratuur en die lewensverhale van reeksmoordenaars. Dit was fassinerende leesstof.

Jy’s self geleerd in sielkunde – stem jy saam met Renata se lewensuitkyk?

Op die oomblik – ja. Ek is egter altyd oop vir oortuiging van die teendeel. Wanneer mens navorsing doen is daar altyd oorgenoeg stawing vir jou eie teorie. Dit hang af wat jou soek kriteria is. Die wonderlike ding van die mens se psige en verstand is dat dit, ten spyte van die baie navorsing, nog so onverstaanbaar is. Dit gee vir ’n skrywer oorgenoeg om mee rond te speel.

Hoe skep jy jou karakters, veral ’n sterk vroulike figuur soos Renata? En hoe skep jy dan ander figure rondom die hooffiguur?

Die skepping van al die karakters is ’n groot taak opsigself. Ek skryf ’n profiel vir elke karakter. Een wat begin by hulle kinderdae en wat aangaan tot die hede. Dit help baie om te voorspel wat ’n karakter gaan doen en sê in enige gegewe situasie ten einde die karakter geloofwaardig te maak. Karakterisering is iets waaraan ek, myns insiens, nog baie moet werk en ek geniet die reis terdeë.

Daar’s ook ’n tikkie romanse in die verhaal – hoekom liefde in ’n misdaadroman?

Liefde is, soos haat en afguns, emosies wat altyd by die mens voorkom. Dit is net ’n lekker teenstelling teen al die gruwelike dinge wat in die verhaal gebeur. ’n Bietjie afwisseling is nooit ’n slegte ding nie.

Wat inspireer jou? Noem jou gunsteling skrywers en boeke.

Koerantberigte en artikels oor regte, egte mense en voorvalle inspireer my. En natuurlik die lewensverhale van geweldsmisdadigers. Afrikaanse skrywers wat ek bewonder is Chanette Paul, Martin Steyn, Deon Meyer en deesdae Dibi en Henk Breytenbach. My gunstelingskrywer is Ruth Rendell. Haar karakterisering was briljant. My doel is om dit reg te kry wat sy reggekry het.

Laastens, watter raad het jy vir nuwe skrywers? Wat is die een gesegde oor skryf waarna jy altyd terugkeer?

Ek glo ’n skrywer word gebore, nie gemaak nie. En wanneer jy nie deur ’n dag kan gaan sonder om te wil skryf nie, beteken dit waarskynlik dat jy ’n gebore skrywer is. Dus: vertrou jou instink en moet nooit opgee nie. Lees baie in die genre waarin jy wil skryf, maar bly getrou aan jou styl.

Baie belangrik: skryf elke dag iets. Al is dit net een sin. Moenie ophou skryf nie. Wanneer jy iets instuur vir oorweging en dit word afgekeur, moenie moed verloor nie. Hou net aan werk aan jou stories. John Kennedy Toole se A Confederacy of Dunces is deur tallose uitgewers afgekeur voordat dit na sy selfmoord uiteindelik gepubliseer is. Dit het ’n Pulitzer-prys ingepalm en word beskou as ’n uitstaande klassieke werk wat kultusstatus bereik het.

Boekbesonderhede

Wen een van sewe kinderboeke, onder meer Hoezit 4, Breinslym en Bravo, Lulu

$
0
0

Storiewerf bied weereens hul maandelikse “Oondvars Wedstryd” aan waarin jong lesers ‘n kans kan staan om een van sewe kinderboeke te wen.

Op die spel vir September is Hoezit 4: Die wonderwêreld van goggas deur Jaco Jacobs en Fanie Viljoen; Breinslym deur R McGeddon; Nag van die vlieënde piering deur R McGeddon; Bravo, Lulu deur Fanie Viljoen, geïllustreer deur Elsbeth Eksteen; Moenie die knoppie druk nie deur Jaco Jacobs en Chris Venter; Die perfekte werk vir Pappa deur Abie Longstaff en Lauren Beard en Grietjie en die baie honger leeu deur Alex T Smith.

Hoezit 4: Die wonderwêreld van goggasBreinslymNag van die vlieënde pieringBravo, LuluMoenie die knoppie druk nieDie perfekte werk vir PappaGrietjie en die baie honger leeu

 
Om in aanmerking te kom vir een van hierdie wonderlike pryse, besoek Storiewerf se webtuiste en beantwoord een maklike vraag oor die boek wat jy graag sal wil wen.

Die kompetisie sluit op Woensdag, 30 September. Vir meer besonderhede en nog inligting oor kinderboeke en skrywers, besoek Storiewerf se webbladsy.

Beantwoord die volgende vrae:
 
 
Hoezit 4: Die wonderwêreld van goggas: Vir watter gogga gril jy die meeste?

 

Breinslym: Waaraan wil die zombies smul?

 

Nag van die vlieënde piering: Deur wat word die dorpie oorgeneem?

 

Bravo, Lulu: Watter rol gaan Lulu in die konsert speel?

 

Moenie die knoppie druk nie: Watter knoppie druk Tiaan se boetie wat `n bohaai veroorsaak?

 

Die perfekte werk vir Pappa: Hoekom soek Chris en Lisa vir Pappa `n ander werk?

 

Grietjie en die baie honger leeu: Hoekom gaan kuier Grietjie vir haar tannie?

 

Boekbesonderhede

Viewing all 235 articles
Browse latest View live